ADVERTISEMENT:

 

 
 

Voor van links na regs staan dubbelspel spanmaats Nardus Barnard, Willem van Wyngaardt, Ronel Welman en Louise Lordan. Agter is Dirk du Preez, Cobus van der Goot, Erik Welman en Christaan Mocke. Die wenners was Nardus en Dirk. Foto verskaf

Muurbalklub sluit “lockdown” jaar af

Date: 10 December 2020 By: Andries van Zyl

Die Soutpansberg Muurbalklub het op Woensdag, 2 Desember, hulle “Lockdown” klubkampioenskappe beslis.

Vanjaar is die enkel- en dubbelspel vir mans en vroue egter nie in die tradisionele formaat beslis nie, maar deur middel van ‘n rondomtalie. In die gemengde dubbelspel was die spanmaats Nardus Barnard en Dirk du Preez, Willem van Wyngaardt en Cobus van der Goot, Ronel Welman en Erik Welman en Louise Lordan en Christiaan Mocke. Nardus en Dirk wen die dubbelspel, met verdedigende kampioene Ronel en Erik in die tweede plek.

Die enkelspel vir man word gewen deur Erik met Nardus was as naaswenner uit die stryd tree. Ronel beklink vir die soveelste agtereenvolgende jaar die enkelspel vir vroue met Louise Lordan in die tweede plek.

Die klub het al die spelers bedank vir hulle ondersteuning die afgelope jaar en lede uitgenooi om nou reeds hulle rakette en tekkies af te stof vir volgende jaar.

 
 
 

Viewed: 2354

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Erik Welman (regs) het as wenner van die enkelspel vir mans uit die stryd getree, nadat hy Nardus Barnard (links), wat as naaswenner gëeindig het, geklop het. Foto verskaf.

Verdedigende kampioen Ronel Welman (regs) het vasgehou aan haar titel as vroue enkelspelkampioen van die Soutpansberg Muurbalklub, nadat sy tydens die klubkampioenskappe verlede week vir Louise Lordan (links) geklop het wat as naaswenner geëindig het. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT