ADVERTISEMENT:

 

 
 

Klubpresident Carel Volschenk (links) oorhandig die trofee aan die Zoutpansberger se span. Van links af is Carel, Vic Grobler, Zander Goedhals, George Janse van Rensburg en Anton van Zyl.

Koerant palm rolbal-aandliga in

Date: 03 December 2020 By: Anton van Zyl

Die span van die Zoutpansberger moes verlede Donderdagaand ‘n vasberade aanslag van die ZC Pretorius-span afweer om uiteindelik as kampioene van die Louis Trichardt Rolbalklub se aandreeks aangewys te word.

Die vriendskaplike toernooi is oor drie weke beslis en het 14 spanne gelok. Elke span het drie wedstryde gespeel en hul opponente is deur ‘n trekking bepaal. Zoutpansberger se span het oortuigend gewen in hul eerste twee wedstryde en hul punteverskil was so groot dat hul net ‘n oorwinning in die laaste wedstryd moes behaal. Hul opponente, ZC Pretorius, het egter ander idees gehad en het hulle laat sweet tot en met die laaste kop.

Die NG Kerk 2-span kon ook al drie hul wedstryde wen, maar kon net daarin slaag om ‘n punteverskil van 56 in te samel (teenoor Zoutpansberger se 110). Hulle het tweede geëindig. Die Rebels-span was derde, met die span van Raymond’s Glass in die vierde plek.

Die klub het hul dank uitgespreek teenoor al die besighede wat spanne ingeskryf het en sodoende die klub ondersteun het. Volgens die klub se president, Carel Volschenk, is die kompetisie aangebied onder moeilike omstandighede, maar tog is dit fantasties ondersteun.

Die spanne wat deelgeneem het was ook vol lof vir die klub se inisiatief en vir die reëlings. Natasja Thompson van Feminique Boutique, een van die spanne, het die klub vir hul gasvryheid bedank. “Dankie aan al die spanne en spelers se goeie gesindheid en baie geluk aan die wenners! Ons het dit vreeslik geniet!” sê Natasja.

 

 
 
 

Viewed: 1812

 

 
 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT