ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die Insect Science-span het die afgelope naweek die top drie plekke op die podium ingeneem tydens die moordende Sabie Solo Experience wat oor drie dae beslis is. Van links na regs is Keagan Bontekoning (derde), Alan Gordon (eerste) en bekende oud-leerling van Hoërskool Louis Trichardt CP van Wyk (tweede).  Foto verskaf.

CP en spanmaats domineer Sabie Experience

Date: 21 November 2020 By: 

Oudleerling van Hoërskool Louis Trichardt CP van Wyk (25) is besig om saam met sy bergfiets spanmaats van die Insect Science-span die fietsrywêreld aan die brand te ry. Dié driemanspan het die afgelope naweek die top drie podium plekke ingepalm tydens die moordende Sabie Solo Experience wat oor drie skofte oor drie dae beslis is.

Op die eerste dag van die wedren is van die fietsryers verwag om ‘n totaal van 1 550 meter te klim oor 65 km, gevolg deur 2 050 meter se klim oor 78 km op dag twee, wat afgesluit is met ‘n “gemaklike” 880 meter se klim op dag drie oor 38 kilometer.

CP, wat ná skool in Stellenbosch gaan studeer het maar wie se wortels nog stewig in die Soutpansberg geplant is met ouers André en Ralda van Wyk wat op Levubu woon, en spanmaats Alan Gordon (‘n bergfietsryer van Tzaneen wat ook geen bekendstelling nodig het) en Keagan Bontekoning, het hulself goed van hul taak gekwyt. Die 30-jarige Alan het as algehele wenner van die Sabie Experience uit die stryd getree met ‘n gesamentlik tyd van 07:20:29 oor die drie skofte. CP was algeheel tweede met ‘n gesamentlik tyd van 07:22:52, terwyl Keagan (20) algeheel derde was met ‘n gesamentlik tyd van 07:24:42.

Nodeloos om te sê, sy ouers en die Soutpansberg is trots op CP en sy spanmaats. “Hy kom nou goed in vorm,” het ma Ralda gesê.

 

 
 
 

Viewed: 1965

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT