ADVERTISEMENT:

 

 
 

Laer- en Hoërskool Louis Trichardt het op Vrydag, 13 November, weer hulle gewilde gesamentlik jaarlikse gholfdag aangebied. Afgeneem tydens die byeenkoms en met die skole se gelukbringers, is die skole se hoofleiers. Voor, van links na regs, is Laerskool Louis Trichardt se Jannes van der Goot,  Liné Schlesinger en Bennita Rheeder. Agter hulle is die hoërskool se Mitchell van Deventer, Sungu Khosa, Shaun de Beer, Megan Piorek, Antonette Baloyi en Eliz-Mari Pretorius. Foto: Hoërskool Louis Trichardt.

Vhavenda Bricks palm Triegie-dag in

Date: 20 November 2020 By: 

Hoër- en Laerskool Louis Trichardt het Vrydag, 13 November, weer hul gewilde gesamentlike jaarlikse gholfdag by die Soutpansberg Gholfklub aangebied en te midde van taai ekonomiese omstandighede weens die Covid-19 pandemie is die dag goed ondersteun.

Twaalf spanne, bestaande uit vier spelers elk, het aan die dag deelgeneem, wat in die formaat van ‘n vierbal-alliansie aangebied is. Op die einde van die dag was dit die span van Vhavenda Bricks wat met ‘n telling van 124 punte met die louere weggestap het. Tweede was die span van Bridge/Northgate Lodge met 119 punte, gevolg deur die span van Madi Tanks in die derde plek met 118 punte. (Vir al die spanne se uitslae, sien die gholfkolom op p.15 van hierdie uitgawe).

Die twee skole het hul dank uitgespreek teenoor almal wat hierdie jaarlikse gesamentlike fondsinsamelingspoging moontlik gemaak het en daartoe bygedra het dat net meer as R97 500 vir elke skool ingesamel is. Die borge het ingesluit Alliance Fuel, Madi Tanks, Comien Veggies, Tyre Rack, Xerox Polokwane, Spyker, BP Bridge, Osglo Argitekte, Tops, Midas, Sandberg Vervoer, PJ Timbers, Montimart, MTT Toyota, PSG, Elt Pro, Potgieter Boerdery, Soutpansberg Koelkamers, I-Que, Soutpansberg Spar, Limpopo Melkery, Loerie Tops, Laeveld Stene, Furstenburg Boerdery, Bargain Centre, Oasis Water, Speedbrake, DMP Civils, VKB, Vhevenda Bricks, Michael Parkin Bore, Wulf Schwerdfeger, Braam Dekker, VSD Buffels, Marnus van Heerden, ZCP Makelaars, Suzuki Louis Trichardt, Thompson’s Motors, Annik Ingenieurs, Specsavers, Herculé Snyman, Northgate, Ocean Basket, Palm Drankwinkel, McDoman Chemicals en African Thatching. ‘n Spesiale woord van dank het ook gegaan aan Maarten Venter, Sanrie van Niekerk en Esté Nel.

 

 
 
 

Viewed: 1570

 

 
 

 
 

More photos... 

Die span van Vhavenda Bricks, bestaande uit (van links na regs) Arie Steyn, André Bothma, Theo Lordan en Bernie Poolman, het Vrydag die gesamentlike Triegie Gholfdag op Louis Trichardt ingepalm. Foto: Hoërskool Louis Trichardt.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT