ADVERTISEMENT:

 

 
 

Afgeneem is Soutpan se C2-span, wat hul afdeling gewen het. Van links na regs is Manny Smith, Gerhard Schoeman (junior), Gerhard Schoeman (senior) en Louis Oosthuizen. Foto verskaf.

Plaaslike jukskeispan wys tande tydens tweede liga

Date: 05 November 2020 By: 

Die Soutpan Jukskeiklub in Louis Trichardt word ‘n al groter trekpleister vir dié sportsoort, danksy hulle nuwe bane met die tweede ligawedstryde wat suksesvol op 24 Oktober hier aangebied is.

Soutpan het gewys hulle nie net goeie gashere is nie, maar dat hulle ook goeie jukskei kan speel, veral in die C-afdeling. Die C2-span, bestaande uit Gerhard Schoeman junior en senior, Louis Oosthuizen en Manny Smith, het met die louere weggestap in hulle afdeling, terwyl die C1-span bestaande uit Susara en Lara Venter en Maud en RC Myburgh in die derde plek geëindig het.

Die A- en B-afdeling is deur die Tarentale Jukskeiklub van Mokopane oorheers.

Die klub het hul dank uitgespreek teenoor Sandberg Vervoer vir die sand, Danie Pita van Matrix vir die wag, Fruit & Veg vir die donasie, GT Verspreiders vir die gazebos en stoele, Danie Henning vir die lekker musiek en almal wat gehelp het met verkope en om die baan reg te maak.

 

 
 
 

Viewed: 2041

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT