ADVERTISEMENT:

 

 
 

Afgeneem tydens hulle groot opening verlede Vrydag van Legends Pro Angling Shop in Louis Trichardt is (van links na regs) Theuns Botha, Christiaan de Beer, Raymano Venter, Barend Breedt, Gilbert Foxcroft en Cobus van der Goot. Schalk van Breda was Saterdag die gas by die winkel.

Hengelwinkel 'n miernes van bedrywighede tydens opening

Date: 01 October 2020 By: Andries van Zyl

Hengelaars van heinde en verre het die afgelope naweek ‘n draai kom maak by Legends Pro Angling Shop in Louis Trichardt om skouers te skuur met van die topname in Suid-Afrikaanse hengel.

Dit het ingesluit die huidige oewerhengel wêreldkampioen en Protea-hengelaar Barend Breedt van die Legends Legacy Series, mede Protea-hengelaar Gilbert Foxcroft (van KingFisher/Daiwa) en die welbekende Schalk van Breda van Super Cast voere. Hul besoek het deel gevorm van die Legends Pro Angling Shop op Louis Trichardt se amptelike opening.

Die winkel behoort aan vennote Theuns Botha en Cobus van der Goot. Hulle het die winkel oopgemaak onder die naam van die Legends Pro Angling Shop op Sasolburg, wat aan Theuns se swaer, Christiaan de Beer, en sy mede-vennote Barend Breedt en Raymano Venter behoort.

 
 
 

Viewed: 2072

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT