ADVERTISEMENT:

 

 
 

Generic image.

Duiweboere vlieg vanaf Virginia

Date: 06 August 2020 By: Andries van Zyl

Plaaslike duiweboere het die afgelope naweek ‘n jaaroud- en opewedvlug vanaf Virginia oor ‘n afstand van 640 km beslis.

In totaal is 139 duiwe ingeskryf vir die jaaroudwedvlug, maar slegs die eerste 20 posisies word vermeld. Die wedvlug is gewen deur RWJ & Mike Coetzee van die Hangklip Posduifklub (HPK), nadat hul wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1309.06 meter per minuut. Nico Bezuidenhout HPK) was 2de en 13de, Louis Jordaan (HPK) 3de, Marx Hokke van die Soutpansberg Posduifklub (SPB) 4de, 5de en 7de, Mieke & Mike Coetzee (HPK) 6de en 8ste, TE Smit (HPK) 9de, 11de en 20ste, Sekelbos Hokke (HPK) 10de, Gerhard Bezuidenhout (HPK) 12de, Ben & Mariaan Pienaar (HPK) 14de, 18de en 19de, Julius Pienaar (HPK) 15de en 16de en Erasmus Hokke (HPK) 17de.

In die opewedvlug was dit Marx Hokke wat met die louere weggestap het, nadat hul wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1291.28 meter per minuut. Hulle was ook 2de, 3de, 4de en 16de. Nico Bezuidenhout was 5de en 12de, RWJ en Mike Coetzee 6de en 19de, Mieke en Mike Coetzee 7de, 11de en 15de, TE Smit 8ste en 17de, 777 Hokke (SPB) 9de en 18de, Ben en Mariaan Pienaar 10de, 11de, 14de en 20ste en Julius Pienaar 13de.

Eerskomende naweek vlieg die onderskeie klubs in die Noord-streek vanaf Wolmaransstad oor ‘n afstand van sowat 600 km.

Tans beklee Mieke en Mike Coetzee ‘n eerste plek op die streekkampioen punteleer met 761 punte. Nico Bezuidenhout is tweede met 754 punte, gevolg deur RWJ en Mike Coetzee in die derde plek met 732 punte. Gerhard Bezuidenhout is 4de (727), Marx Hokke 5de (724), TE Smit 6de (671), Julius Pienaar 7de (669), Ben en Mariaan Pienaar 8ste (665), Louis Jordaan 9de (663) en Sekelbos Hokke 10de (651).

 

 
 
 

Viewed: 1421

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT