ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die hoof van Laerskool Louis Trichardt, mnr. Louis Linde (links), Bakkies Botha (middel) en die skool se adjunkhoof, mnr. Greg Stewart (regs). Foto verskaf.

Bakkies Botha maak Triegies se kinderharte bly

Date: 20 February 2020 By: Veruscka van der Linde

Laerskool Louis Trichardt het Saterdag, 15 Februarie, hulle eerste groot jaarlikse fondsinsamelingsprojek gehou, naamlik 'n besoek van bekende oud-Springbok rugbyspeler Bakkies Botha.

Bakkies se besoek het deel gevorm van ‘n groot rugby- en netbaldag by die skool waar daar ook rugbyproewe gespeel is. Kinders en hul ouers kon die dag skouers skuur met Bakkies, wat ook ‘n praatjie aangebied het. Onder leiding van seremoniemeester Philip Potgieter het Bakkie die skare lekker laat lag met al sy vertellings. Hy het ook ‘n baie inspirerende boodskap vir almal gehad, naamlik dat sekere kanse net een keer oor mens se pad kom en dat jy hierdie kanse moet aangryp en jou beste doen. “Moenie 80% gee as jy 'n 100% persoon is nie. Wees die verskil en moenie vir ander mense sit en wag om 'n verskil te maak nie. Handhaaf dissipline in jou alledaagse bestaan en veral, hou jou oë op God gerig, want alles wat jy het en is, is sy genade,” het Bakkies gesê.

Die organiseerders van die dag het hul dank uitgespreek teenoor al die borge van Bakkies se besoek. Die borge was Brandvlei Verspreiders, Royal Makadamia, BB Mount Fuji, PD Otto Elektries, Premjee & Sons, Courier Guy, Cois Elektries, Marco Markagente, Houers Koöperatief, Laeveld Agrochem, Prinsloo en Venter Markagente en Jackson Vervoer.

Ander persone en instansies wat ‘n bydrae gelewer het om die dag ‘n sukses te maak, het ingesluit U-Print, Ronel Esterhuizen van Classic Signs & Printing, Karen Smit van Karen's Catering, Jaco en Leenke Burger van Spar, Liezl Botha vir die skildery vir die Rian Burcell fonds, Christel Smith van Roman’s Pizza, The Garden Shop, Tannie Maud en Tannie Barp, Perfect Water, Avo en MacRidge, Le-Ann van der Walt en Nico van Silver Stage Hire.

Die borge van die gelukkige trekkings het ingesluit Fitness Fusion Gym, Audio Sat 4 x4 (braai geskenkpak), CJ's Haarsalon, Njala Lodge, Michelle Maynier, Salon Anita, o.10 meisies (Sunset Champagne Horseback Ride), o.13 meisies (Pemico Auto Body), Remax Helderstroom, Chill Temp (Adriaan en Herman Meiring), Die Vleismark, Christel van Roman’s Pizza en Luke Enslin van Louis Trichardt Spar.

 

 
 
 

Viewed: 2522

 

 
 

Veruscka van der Linde

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT