ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die afgelope naweek se afdeling- en trofee-wenners tydens die Soutpansberg Skietklub se jaarlikse groepering-skietkompetisie. Voor, van links na regs, is Jeanine Wilson, Simone du Toit, Wian du Toit, Ampie du Toit, Duan van den Berg, Johan Wilson, Jerry Cloete, Jurie van den Berg en Johan van Zyl. Agter is Ian Du Plessis, Thehan Goosen en Theo Goosen. Op die inlasfoto is Zack en Handro Fourie. Jadranko Jakovlef was afwesig tydens die neem van die foto. Foto’s verskaf.

Soutpansberg se skuts in die kol

Date: 12 December 2019 By: 

Die Soutpansberg Skietklub in Louis Trichardt het Saterdag, 7 Desember, hulle jaar afgesluit met die hou van hul groepering-skietkompetisie.

Daar was ‘n goeie opkoms van skuts met 370 teikens wat geskiet is.

Die skuts wat die dag uitgeblink het, het ingesluit Thehan Goosen, wat die jaggeweer-afdeling ingepalm het. Johan van Zyl was tweede in dié afdeling, met Theo Goosen in die derde plek. Die jaggeweer-afdeling vir junior/senior skuts is gewen deur Simone du Toit, met Wian du Toit in die tweede plek en Handro Fourie derde.

In die senior windbuks-afdeling het Ampie du Toit koning gekraai, met Theo tweede en Jurie van den Berg derde. Die junior/senior-afdeling vir windbukse is gewen deur Wian, met Simone tweede en Jeanine Wilson derde. Die wenner van die junior windbuks-afdeling was Duan van den Berg.

Wat die .22-afdeling betref, is die senior-afdeling gewen deur Theo met Johan Goosen in die tweede plek. Die junior/senior .22-afdeling is gewen deur Wian, met Simone tweede en Ian du Plessis derde. In die junior-afdeling vir .22’s was Handro eerste, Zack Fourie tweede en Duan derde.

Wat die handwapen-afdeling betref, het Jadranko Jakovlef weggestap met ‘n eerste plek. Wian was tweede, met Jerry Cloete in die derde plek.

Buiten vir die afdelingwenners, is drie wisseltrofees die dag toegeken. Die senior wisseltrofee is ingepalm deur Ampie, terwyl Wian die junior-senior wisseltrofee gewen en Handro die junior wisseltrofee verower het. Die wisseltrofee vir die skut wat die beste vordering die afgelope jaar gewys het, is ook uitgedeel. Dié het gegaan aan Wian.

Die klub het ná afloop van die verrigtinge hul dank uitgespreek teenoor almal wat die kompetisie geborg het, insluitend Noorde Wapens, Turner’s, drs. Gaigher en Badenhorst, Tjol Jandrell, RPM Motors, Spar Soutpansberg, Blouberg Dierekliniek, Noord Staal, Pennells, Liquor Zone, Madi Water, Regard Bouwer, SpecSavers, Driepunt Elektries en Macridge. “Dankie aan hulle vir ‘n suksesvolle skietdag. Dankie ook aan elke klublid wat deelgeneem of gehelp het met elke skietdag deur die jaar,” het die klub gesê.

Die klub het skuts daaraan herinner dat die skietbaan oor Desember oop sal wees om gewere in te stel. Vir meer inligting oor die klub of om die skietbaan te bespreek, skakel Ampie du Toit by tel. 082 742 0168.

 

 
 
 

Viewed: 2585

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT