ADVERTISEMENT:

 

 
 

Craig Viljoen (links) is gekroon as mans enkelspelkampioen, met Koos Alberts as naaswenner. Saam met Craig staan klubvoorsitter Henk Beukes. Foto verskaf.

Tennisklub wys kampioene aan

Date: 14 November 2019 By: 

Die Louis Trichardt Tennisklub het Saterdag, 9 November, hulle jaarlikse klubkampioenskappe aangebied om vanjaar se algehele wenners te bepaal.

Ná afloop van spel het die klub se prysuitdeling en jaareindfunksie met die tema Hat & Tie plaasgevind. Project TNR is ook die dag ondersteun deur die verkoop van hulle kolwyntjies.

Meegaande foto's is van vanjaar se klubkampioene.

 

 
 
 

Viewed: 2472

 

 
 

 
 

More photos... 

Die Louis Trichardt Tennisklub se trofee vir beste vordering het Saterdag, tydens die klub se jaarlikse prysuitdeling gegaan aan Megan Terink (links). Henk Beukes (klubvoorsitter) het die trofee aan haar oorhandig. Foto verskaf.

Christiaan Pretorius (links) is aangewys as die klub se junior seunskampioen. Lizemé Pretorius (afwesig) het weggestap met die trofee as junior meisieskampioen. Saam met Christiaan staan klubvoorsitter Henk Beukes. Foto verskaf.

Jo-anne Beukes (links) en Lindsay Viljoen (regs) het weggestap met die titel van vroue dubbelspelkampioene. Die naaswenners was Emlyn Foord en Lana Hoffmann. In die middel staan klubvoorsitter Henk Beukes. Foto verskaf.

Emlyn Foord (regs) het vanjaar die titel van vroue enkelspelkampioen ná afloop van die Louis Trichardt Tennisklub se jaarlikse klubkampioenskappe die afgelope naweek verower. Sy het uitgespeel teen naaswenner Lindsay Viljoen. Saam met Emlyn staan klubvoorsitter Henk Beukes. Foto verskaf.

Bertus Guillaume (links) en Koos Alberts (regs) is aangewys as die klub se mans dubbelspelkampioene. Die naaswenners was Craig Viljoen en Hanco Kok. In die middel staan klubvoorsitter Henk Beukes. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT