ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die top toekennings van Seuns- en Meisiegimnas van die Jaar is vanjaar deur onderskeidelik Francois Nel (links) en Mijanke Venter (regs) opgeraap. 

Klub gee erkenning aan top gimnaste

Date: 07 November 2019 By: Veruscka van der Linde

Die Louis Trichardt Gimnastiekklub het Vrydag, 1 November, hulle jaar op 'n hoogtepunt afgesluit met die hou van hulle jaarlikse prysuitdeling.

Die bestuur van Louis Trichardt Gimnastiekklub het na afloop van die 2019-seisoen elke gimnas, afrigter, beoordelaar en ouer bedank vir ongelooflike harde werk, positiewe insette en bydraes wat die klub in sy kern versterk het. “Sonder hierdie span mense sou dié klub nie kon groei of suksesvol wees nie. Ons waardeer elkeen opreg,” het die klub gesê.

Meegaande foto's is van die klub se toppresteerders.

 
 
 

Viewed: 2481

 

 
 

Veruscka van der Linde

 
 

More photos... 

Hierdie groep gimnaste was die Louis Trichardt Gimnastiekklub se toppresteerders die afgelope jaar. Voor, van links na regs, is Hardus en Jacques Janse van Rensburg (deel die toekenning vir beste bywoning: seuns), Jahno Muller (mees entoesiastiese seunsgimnas), Lihane Meiring (beste voorskoolse meisie) en Aiden Bruce (beste vordering seun Vlak 1 tot 3 en beste Vlak 1 seun). In die middel is Rinhard Schalkwyk (beste voorskoolse seun),  Lienke le Roux (beste Vlak 1 meisie), Lillian Gildenhuys (mees entoesiastiese junior meisiesgimnas), Francois Nel (beste Vlak 4 seun, beste laerskool seunsgimnas, seunsgimnas van die dag en seunsgimnas van die jaar),  Mijanke Venter (beste laerskool meisiesgimnas, en meisiesgimnas van die jaar),  Karlien Cronje (beste bywoning: meisies ), Freya Barkhuizen (beste Vlak 4 meisie) en Liane Smit (beste vordering meisie Vlak 4 tot 6). Agter is Leander Kotzee (beste vordering seun Vlak 4 tot 6), Lily Smit (beste Vlak 2 meisie en beste Vlak 1 tot 3 meisiesgimnas), Rulique Nagel (mees entoesiastiese senior meisiesgimnas), Johestie Muller (Meisiesgimnas van die dag en beste Vlak 5 meisie), Isabella Marais (beste meisiesgimnas: hoërskool ), Derrick Barnard (beste Vlak 1 tot 3 seunsgimnas, beste Vlak 2 seun en beste beginner seun),  Melike Ras (beste beginner meisie), Zanri Janse van Rensburg  (beste vordering meisies Vlak 1 tot 3) en  Mila Muller (beste Vlak 3 meisie).

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT