ADVERTISEMENT:

 

 
 

Koben Hofmeyr en span- en skoolmaat Tiny Rademeyer, afgeneem by die Suid-Afrikaanse Skole-luggeweerkampioenskappe. Foto verskaf.

Koben wys sy slag tydens SA's in die Kaap

Date: 03 October 2019 By: Andries van Zyl

Koben Hofmeyr, ‘n Graad 11-leerling van Hoërskool Louis Trichardt, het weereens gewys dat mens jouself nooit moet blind staar teen jou fisiese tekortkominge nie.

Koben het ten spyte van ‘n ernstige nekbesering in Mei verlede jaar, wat hom in ‘n rolstoel gelaat het, onlangs sy Limpopo kleure in luggeweerskiet verwerf. Hy is ook gekies vir deelname aan die Suid-Afrikaanse Skole-luggeweerkampioenskappe wat vanaf 23 tot 27 September in die Kaap beslis is.

Koben se vasberadenheid om eendag weer te loop was weereens heel duidelik gewees tydens die kampioenskap. Tans kry hy dit al reg om sonder hulp regop te staan en hy kan selfs op sy eie of met behulp van ‘n loopraam ‘n paar treë loop. Dit het hom veral gehelp in die 10 m staanafdeling waarin Koben tydens die SA’s sy Expert-balkie ontvang het op grond van sy punte. Hy het ook sy Skerpskutter-balkie in die 3P (Drie Posisies) afdeling verwerf.

Buiten vir bogenoemde prestasie het Koben ‘n algehele 60ste plek uit 108 skuts in die Sporter-klas tydens die SA-skolekampioenskappe behaal. Hy het ook sy brons-lapelwapen verwerf, wat toegeken word op grond van sy algehele puntetelling oor die drie dae met ‘n telling van 1 368 punte uit ‘n moontlik 1 600 punte oor die strekking van die toernooi. Hy was ook eerste in die o.21 spesiale klas.

Koben is na die Kaap vergesel deur ma Annelize en span- en skoolmaat Tiny Rademeyer. Tiny en haar pa en ma, Michael en Mariaan, het Koben vergesel as deel van sy ondersteuningspan. Hulle het onder meer al Koben se toerusting en geweer, wat nie toegelaat is op sy vlug Kaapstad toe nie, per voertuig afgery. Hulle het hom ook met tegniese raad en bystand gehelp tydens die kampioenskappe.

Ma Annelize en pa Trompie het na afloop van hul seun se goeie prestasies hul dank uitgespreek teenoor die Rademeyers vir al hulle hulp en ondersteuning. Hulle het ook hul opregte dank uitgespreek teenoor almal wat ‘n bydrae gemaak het om te help dat Koben-hulle dit tot in die Kaap en terug kon maak.

 

 
 
 

Viewed: 1678

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT