ADVERTISEMENT:

 

 
 

Koben Hofmeyr sien baie uit na sy deelname aan die Suid-Afrikaanse Luggeweer-skolekampioenskappe. Foto verskaf.

Koben op pad na Kaap vir SA-kampioenskap

Date: 12 September 2019 By: 

Koben Hofmeyr, ‘n Graad 11-leerling van Hoërskool Louis Trichardt, dien steeds as inspirasie vir almal. Ten spyte daarvan dat hy vanweë ‘n nekbesering die afgelope jaar in ‘n rolstoel is, het dié terugslag hom nie van stryk gebring om voluit te lewe nie.

Koben het onlangs sy Limpopo-kleure in luggeweerskiet verwerf en sal vanaf 23 tot 27 September deelneem aan die Suid-Afrikaanse Luggeweer-skolekampioenskappe in die Kaap. Hy sal in die o.21 Sporter-klas deelneem.

Span- en skoolmaat Tiny Rademeyer sal hom vergesel as deel van sy ondersteuningsgroep. Koben vlieg af Kaap toe, maar sy ondersteuningspan sal padlangs ry. In dié verband is die publiek gevra om te help. “Kostes is hoog en enige finansiële hulp sal waardeer word,” het Tiny se pa, Michael, gesê. Hy kan geskakel word by tel. 084 400 0296 vir meer inligting.

 

 
 
 

Viewed: 2047

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT