ADVERTISEMENT:

 

 
 

Duiwe spook sake uit vanaf Virginia

Date: 31 August 2019 By: 

Duiweboere van die Hanglip Posduifklub se duiwe het die afgelope naweek weer gewedywer in twee opewedvlugte vanaf Virginia.

Die Top posisie in die 14A-opewedvlug het gegaan aan Gerhard Bezuidenhout, wie se wenduif die wedvlug beklink het met ‘n spoed van 1102.68 meter per minuut. Hy was ook 7de. TE Smit was 2de en 9de, RWJ & Mike Coetzee 3de en 6de, Julius Pienaar 4de, Sekelbos Hokke 5de en Ben & Marian Pienaar 8ste en 10de.

In die 14B-wedvlug was dit Ben & Marian wat met die louere weggestap het, nadat hul wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1091.30 meter per minuut. Hulle was ook 3de. TE Smit was 2de en 7de, Nico Bezuidenhout 4de, Mieke & Mike Coetzee 5de, 8ste en 10de, Julius 6de en RWJ & Mike 9de.

Tans beklee Gehard steeds ‘n eerste plek op die klub se punteleer, met 1 307 punte. Nico is tweede met 1 246 punte, terwyl Mieke & Mike die derde plek beklee met 1 228. Die vierde tot negende plekke is ingepalm deur RWJ & Mike (1 224), Julius (976), Sekelbos Hokke (960), Ben en Marian (934), TE Smit (887) en Erasmus Hokke (409).

Eerskomende naweek sal die klub weer kragte meet in twee opewedvlugte vanaf Wolmaransstad oor ‘n afstand van 610 km.

 

 
 
 

Viewed: 1373

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT