ADVERTISEMENT:

 

 
 

Louis Trichardt se tweede rugbyspan vier fees nadat hulle Letaba se tweedes met 50-13 geklop het in die finaal van die provinsiale senior rugbyliga. Die finale wedstryd is op Louis Trichardt beslis voor tuisveld ondersteuners.

Tweedes is tops!

Date: 30 August 2019 By: Andries van Zyl

Die Louis Trichardt Rugbyklub het hul rugbyseisoen Saterdag met ‘n wen in die provinsie se tweede liga afgesluit.

Louis Trichardt se eerste- en tweedespanne het vir die eerste keer sedert 2011 saam deurgedring na die finaal van die provinsiale senior liga. Toe het beide spanne as provinsiale wenners uit die stryd getree. In 2015 kon slegs die dorp se eerstes na die finaal van die provinsiale liga deurdring, maar het as naaswenners uit die stryd getree nadat hulle 14-22 teen Noordelikes verloor het.

‘n Wen in die finaal van die provinsiale liga was weer nie die dorp se eerstespan beskore nie en hulle moes Saterdag weer as naaswenners uit die stryd tree ná ‘n 9-22 nederlaag teen Potgietersrus se eerstes.

Louis Trichardt se tweedes het egter die pap dik aangemaak in hul wedstryd teen Letaba 2. Alhoewel Letaba die eerste drie punte op die telbord geplaas het vroeg in die wedstryd met ‘n strafskop, was dit redelik eenrigting verkeer vir Louis Trichardt na hul opponente se doellyn en Louis Trichardt het die wedstryd 50-13 gewen. Buiten die manne wat die drieë gedruk het, kon Louis Trichardt se agsteman, Johan Botes, nie ‘n voet verkeerd sit met die skopskoen nie en was hy suksesvol met al sy doel- en strafskoppe.

Wat die derde (reserwe) liga betref, het Kruinies hulle opponente van Polokwane, Noordelikes, met 31-12 kafgedraf.

“Ons rugbyseisoen is nou iets van die verlede en daar is soveel mense wat ons moet bedank. Dit is ons eerste wedstryde op ons nuwe veld. Dankie aan al die besighede wat advertensieborde om die veld opgesit het. Hulle dra almal finansieel by tot die klub en ons hoop hulle dra weer by vir die 2020 seisoen,” het klubvoorsitter Kevin Gilbert gesê.

Volgens Gilbert het die klub vanjaar een van sy suksesvolste seisoene in ‘n lang tyd beleef. Dit, sê hy, was grootliks te dankie aan die plaaslike rugbyliefhebbers se ondersteuning. “Ons wil almal bedank wat so getrou al ons tuiswedstryde ondersteun het,” het Gilbert gesê.

Die nuwe rugbyseisoen begin middel Januarie volgende jaar. Intussen sal daar sporadies raakrugby en 10-aan-‘n-kant wedstryde gespeel word. Vir meer inligting hieroor kan die klub se afrigter, Danie Pita, geskakel word by tel. 082 816 4392.

 

 
 
 

Viewed: 1336

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT