Twee eersteplekke vir Gerhard vanaf Christiana

Date: 22 August 2019 By: 

Viewed: 670

Gerhard Bezuidenhout het die afgelope naweek beide opewedvlugte gewen in die Hanglip Posduifklub se wedvlugte vanaf Christiana.

Sy wenduif hetdie 13A-opewedvlug oor ‘n afstand van net meer as 700 km met ‘n wenspoed van 1033.51 meter per minuut voltooi. Gerhard was ook 7de, 8ste, 9de en 10de. RWJ & Mike Coetzee was 2de en 5de,  Mieke & Mike Coetzee 3de en Nico Bezuidenhout 4de en 6de.

Wat die 13B-opewedvlug vanaf Christiana betref, het Gerhard se wenduif die afstand met ‘n spoed van 1010.74 meter per minuut voltooi. In dié wedvlug was hy ook 8ste en 10de. Nico was 2de, 4de en 6de, RWJ & Mike 3de en 9de, Mieke & Mike 5de en Sekelbos Hokke 7de.

Op Saterdag, 10 Augustus, het die klub deelgeneem aan wedvlugte vanaf Virginia. Die jaaroudwedvlug is gewen deur Mieke & Mike, nadat hul wenduif die afstand van sowat 650 km voltooi het met ‘n spoed van 989.02 meter per minuut. Hulle was ook 7de. RWJ & Mike was 2de en 9de, Gerhard 3de, 5de en 6de, Ben & Marian Pienaar 4de, Erasmus Hokke 8ste en Julius Pienaar 9de. Dieselfde dag het Gerhard se wenduif die opewedvlug met ‘n spoed van 900.48 meter per minuut gewen. Hy was ook 4de, 9de en 10de. Mieke & Mike was 2de, 3de en 8ste, TE Smit 5de en 7de en Nico 6de.

 Die naweek van 3 Augustus het die klub twee opewedvlugte gevlieg vanaf Warrenton. Die 11A-wedvlug is gewen deur Gehard, nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1016.29 meter per minuut. Nico het op sy beurt die 11B-wedvlug gewen, nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 993.32 meter per minuut.

Eerskomende naweek sal die klub kragte meet in twee opewedvlugte, weer vanaf Virginia.

 

 
 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 

Email: 

 
 

More photos...