ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die algehele wenners van die Soutpansberg Uitdaag was die span van Kentron. Ronel Welman, voorsitter van die plaaslike klub, staan hier by twee van Kentron se A-span spelers, Brandon Thomas en Emmanuel Musefwe.

Kentron kraai weer koning in Soutpansberg

Date: 15 August 2019 By: 

Die Soutpansberg Muurbal Uitdaagtoernooi is die afgelope naweek vir die 31ste keer aangebied en, soos verlede jaar, het Kentron geseëvier. Dié span van Pretoria het beide die A- en B-afdelings gewen.

In 2018 is ‘n nuwe formaat ingestel, wat dubbelspelwedstryde ingesluit het. Die formaat was so gewild dat daar besluit is om vanjaar weer enkel- en dubbelspelwedstryde te speel.

Die twee klubs van Pretoria, Kentron en Adelaars, asook Polokwane se A-span, het vir strawwe kompetisie gesorg. In die A-afdeling het Kentron gewen, met Polokwane tweede en Louis Trichardt derde. In die B-afdeling het Adelaars in die tweede plek (na Kentron) geëindig, met Louis Trichardt weereens derde.

Ná afloop van die toernooi is verskeie individuele pryse toegeken. Polokwane se ster-speler, Emmanuel Musefwe, was die beste A-liga speler. Brandon Thomas van Adelaars was tweede. In die B-afdeling was Kentron se spelers, Alfred Basson en Marelise Boshoff, eerste en tweede.

Die prys vir die langste wedstryd in die A-afdeling het gegaan aan Michael Ward (Polokwane) en Pieter Appelgryn van Adelaars (96 punte). In die B-afdeling het die prys gegaan aan Reinhardt Falk (Kentron) en Ronel Welman (Louis Trichardt), wat ook 96 punte nodig gehad het om ‘n wenner te beslis.

Die klub het die borge bedank wat bygedra het tot die sukses van die toernooi. Die borge is  Palm Drankwinkel, Palm Wholesale, Branded Fuel Polokwane, SAB, Heineken, Halewood, Refresh Beverage Company en Theo Schlieben vir die immer gewilde avokado’s en proteas.

 

 
 
 

Viewed: 448

 

 
 

 
 

More photos... 

Die B-afdeling van die Soutpansberg Uitdaag is ook gewen deur Kentron. Ronel Welman, voorsitter van die Soutpansberg Muurbalklub, staan hier by twee van die B-span se spelers, Marelise Boshoff en Alfred Basson.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT