ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die span van Laerskool Louis Trichardt wat aan die interprovinsiale byeenkoms in Mbombela deelgeneem het. Weerskante van die span staan die twee bestuurders en helpers, Mark Archer (links) en Kobus Ehlers.

Jong Triegies beïndruk

Date: 08 August 2019 By: Anton van Zyl

Limpopo se fietsryers het hulself goed van hul taak gekwyt tydens ‘n interprovinsiale byeenkoms wat Saterdag in Mbombela in Mpumalanga plaasgevind het. Verskeie van Laerskool Louis Trichardt se fietsryers het ook deelgeneem en gewys hoekom die Soutpansberg se juniors so hoog aangeslaan word.

Die deelnemers aan Saterdag se kompetisie is gekies op grond van hul prestasies tydens die skole-reeks. Die beste twee fietsryers in elke ouderdomsgroep uit die top vyf skole wat deelneem, is gekies vir die Limpopo-span.

Volgens een van die spanbestuurders van Laerskool Louis Trichardt se span, Mark Archer, was die kompetisie straf, maar die kinders het hul alles gegee. Die span moes Vrydag reeds vroeg vertrek en het eers laat Saterdagaand teruggekeer.

Die groep wat die beste gevaar het, was die Nipper-seuns (o.10). Limpopo se fietsryers het agt uit die eerste 10 plekke opgeraap.

Laerskool Louis Trichardt se uitslae is soos volg:

* Nipper Seuns: Gerhard Furstenberg 4de, Peroux du Preez 6de
* Nipper Meisies: Cara Bruce 6de, Ane Snyman 15de
* Sprog Seuns: Robert Ooms 15de, Matthew Lee 33ste
* Sub Juniors Meisies: Eleen Furstenberg 13de, Catelyn de Beer 24ste
* Sub Junior Seuns: Jacques du Preez 37ste, Zander Krugel 39ste
* Sub Nipper Meisies: Elouise Krugel 6de
* Sub Nipper Seuns: Aiden Bruce 11de, Ruan de Beer 21ste.

Die spanlede het ‘n spesiale woord van dank gerig aan mnr. Kobus Ehlers vir sy geduld met die aanry van die fietsryers asook al die ander ma’s en pa’s wat saamgegaan het. Volgende jaar word die kompetisie in Limpopo aangebied en dan is dit weer Mpumalanga se beurt om te reis.

 

 
 
 

Viewed: 484

 

 
 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT