Duiwe vlieg vanaf Wolmaransstad

Date: 13 July 2019 By: 

Viewed: 276

Met die wedvlugseisoen goed op dreef het duiweboere van die Hanglip Posduifklub die afgelope naweek ‘n jaaroud-, ope- en hul derde veilingwedvlug vanaf Wolmaransstad gehad.

Die jaaroudwedvlug is gewen deur Nico Bezuidenhout, nadat sy wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1260,40 meter per minuut. Erasmus Hokke was 2de, RWI & Mike Coetzee 3de, 4de, 6de en 9de, Ben & Marian Pienaar 5de en G. Bezuidenhout 7de, 8ste en 10de.

In die opewedvlug was dit Mieke & Mike Coetzee wat met die louere weggestap het, nadat hul wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1310,46 meter per minuut. Hulle was ook 3de. G. Bezuidenhout was 2de, RWJ & Mike Coetzee 4de, 5de en 9de, Ben & Marian Pienaar 6de en 7de, TE Smit 8ste en Nico Bezuidenhout 10de.

Nico Bezuidenhout het ook weggestap met ‘n eerste plek in die klub se derde veilingwedvlug met ‘n duif van Martin & Nico Fourie van Gauteng. Hy was ook 5de (met ‘n duif van Trompie Hofmeyr), 6de (met ‘n duif van Hendrik van Rensburg van Polokwane) en 9de (met ‘n duif geteel deur Trompie Hofmeyr en gekoop deur Martin Bezuidenhout). G. Bezuidenhout was 2de (met ‘n duif wat deur Frans de Lange van Ellisras gekoop is), 3de (met ‘n duif van Bertus Meintjies van Polokwane), 4de (met ‘n duif geteel deur Ben Pienaar en gekoop deur Hannes Bronkhorst van Mokopane) en 8ste (met ‘n duif van Erasmus & Van Vuuren van Warmbad). Mieke & Mike Coetzee was 7de met hul eie duif, terwyl Ben & Marian Pienaar 10de was met hul eie duif.

Eerskomende Saterdag sal die klublede se duiwe kragte meet vanaf Theunissen oor ‘n afstand van ongeveer 670 km.

 
 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 

Email: 

 
 

More photos...