ADVERTISEMENT:

 

 
 

Kom ondersteun Saterdag rugbymanne

Date: 12 July 2019 By: 

Die tyd het gekom om die gasbraaiers nader te trek, want eerskomende Saterdag, 13 Julie, word daar weer groot rugby gespeel in Louis Trichardt.

Dan kom die Louis Trichardt Rugbyklub te staan in hulle laaste groepwedstryde van die Limpopo senior rugbyliga in tuisveldwedstryde teen hul opponente vanaf die Potgietersrus Rugbyklub.

“Hierdie is belangrike wedstryde, veral vir die eerstespan. ‘n Wen vir ons eerstes kan vir ons ‘n tuisveldwedstryd vir die semi-finale ronde beteken. Ons vra dus dat die publiek ons asseblief kom ondersteun. Ons is redelik seker dat die tweedes reeds tuis sal speel,” het klubvoorsitter Kevin Gilbert gesê.

Die eerste wedstryd skop af om 15:30 wanneer Louis Trichardt 3 (Univen) op die veld sal draf. Die tweedes se wedstryd volg om 16:45, met die hoofwedstryd van die dag tussen die twee klubs se eerstes wat om 18:30 sal afskop.

‘n Kontantkroeg en ligte kroegetes sal te koop aangebied word. “Ondersteuners is ook welkom om met hul gasbraaiers langs die veld te kom braai,” het Gilbert gesê. Toegang by die hek beloop R10 per persoon by die hek.

Vir meer inligting oor die Louis Trichardt Rugbyklub, skakel Kevin by tel. 082 892 8769.

 

 

  

 

 
 
 

Viewed: 668

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT