ADVERTISEMENT:

 

 
 

Saterdag beloof fees van rugby

Date: 28 June 2019 By: 

‘n Fees van rugby is weer op die spyskaart eerskomende Saterdag, 29 Junie, wanneer die Louis Trichardt Rugbyklub op hul tuisveld kragte meet teen Letaba in die volgende ronde wedstryde van die Limpopo Senior liga.

Die tweede ronde wedstryde in die liga het onlangs begin, met Louis Trichardt wat tans die eerste plek op die provinsiale punteleer vir eerstespanne beklee met 20 punte. Dit volg nadat Louis Trichardt 1 verlede Saterdag 60-32 afgereken het met Naboomspruit 1 op hul opponente se tuisveld. Tweede op die punteleer is Potgietersrus 1 met 17 punte, dan Letaba 1 met 12 punte, gevolg deur Noordelikes in die vierde plek met 11 punte en Naboomspruit 1 vyfde met 6 punte.

Wat eerskomende Saterdag betref, skop die eerste wedstryd tussen Louis Trichardt 3 (Univen) en Letaba 3 om 15:00 af. Die twee klubs se tweedespanne sal om 16:15 op die veld draf, met die eerstespanwedstryd wat om 18:00 begin.

‘n Kontantkroeg en ligte kroegetes sal te koop aangebied word. . “Ondersteuners is ook welkom om met hul gasbraaiers langs die veld te kom braai,” het klubvoorsitter Kevin Gilbert gesê. Toegang by die hek beloop R10 per persoon.

Vir die res van die seisoen lê daar nog ‘n hele paar wedstryde voor. Oor die volgende paar weke speel Louis Trichardt op 6 Julie weg teen Noordelikes, gevolg deur tuiswedstryde teen Potgietersrus op 13 Julie.

Vir meer inligting oor die Louis Trichardt Rugbyklub, skakel Kevin by tel. 082 892 8769.

 

 
 
 

Viewed: 419

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT