ADVERTISEMENT:

 

 
 

Duiwe vlieg lang pad vanaf Parys

Date: 20 June 2019 By: 

Lede van die Hangklip Posduifklub het mekaar weer die afgelope naweek die stryd aangesê in hulle volgende wedvlug vanaf Parys in die Vrystaat.

Soos gewoonlik is ‘n jaaroud- en opewedvlug beslis met die eerste 10 plekke wat telkens in elke wedvlug vermeld word.

Die jaaroudwedvlug is gewen deur Ben en Marian Pienaar, nadat hul wenduif die afstand voltooi het met ‘n wenspoed van 1 361.27 meter per minuut. Hulle was ook 10de. Sekelbos Hokke was 2de en 3de, RWJ & Mike Coetzee 4de en 6de, Mieke & Mike Coetzee 5de, 7de en 8ste en Julius Pienaar 9de.

In die opewedvlug was dit Mieke & Mike Coetzee wat met die louere weggestap het, nadat hulle wenduif die afstand voltooi het met ‘n spoed van 1 384 meter per minuut. Hulle was ook 4de. G Bezuidenhout was 2de, RWJ & Mike Coetzee 3de, Ben & Marian Pienaar 5de en Nico Bezuidenhout 6de, 7de, 8ste, 9de en 10de.

Met die wedvlugseisoen in volle swang beklee G Bezuidenhout ‘n eerste plek op die klub se punteleer met 359 punte. In die tweede plek is Nico Bezuidenhout met 351 punte, gevolg deur Mieke & Mike Coetzee in die derde plek met 344 punte. Die vierde tot negende posisies word beklee deur Ben & Marian Pienaar (339), RWJ & Mike Coetzee (339), Julius Pienaar (325), TE Smit (312), Sekelbos Hokke (305) en Erasmus Hokke (146).

Eerskomende naweek vlieg die klub vanaf Ventersdorp oor ‘n afstand van sowat 485 km. Buiten vir die jaaroud- en opewedvlug, sal die klub ook die naweek hulle tweede veilingwedvlug van die jaar beslis. Vir meer inligting hieroor en die klub se bedrywighede, skakel Ben Pienaar by tel. 083 257 3259.

 

 
 
 

Viewed: 491

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT