Kom ondersteun Triegie rugbyseuns

Date: 31 May 2019 By: 

Viewed: 694

Hoërskool Louis Trichardt nooi alle rugby-ondersteuners om eerskomende Saterdag, 1 Junie, die skool se rugbyspanne te kom ondersteun tydens hulle laaste ligakragmeting van die seisoen teen Heuwelkruin.

Triegies se rugbymanne sal op hulle tuisveld uitdraf. Die o.14’s se wedstryd begin om 09:00, waarna die o.15’s om 10:00 sal uitdraf. Om 11:00 is dit die beurt van die O.16’s, waarna die skool se eerstespan om 12:10 hulle opponente die stryd sal aansê.

Al die wedstryde sal op die skool se A-veld gespeel word.

 
 

 
 
 
 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first
 
 

Email: 

 
 

More photos...