ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die groepie fietsryers wat by Beitbrug weggespring het, afgeneem net noord van Musina.

Oud en jonk neem deel aan Brug-na-Berg fietsrit

Date: 09 May 2019 By: 

Die derde jaarlikse Brug-na-Berg fietsrit het Saterdag plaasgevind en spanne van Musina en Louis Trichardt het die plaaslike skofte voltooi.

Tydens dié rit poog spanne fietsryers van regoor die land om die roete vanaf Beitbrug tot in Kaapstad in een dag te voltooi. Spanne het om 07:00 weggespring en elk het ‘n spesifieke deel van die roete voltooi.

Die groep wat by Beitbrug weggespring het, het drie fietsryers van Musina en 11 van Louis Trichardt ingesluit. Op Louis Trichardt het vyf fietsryers weggespring en hulle het die skof tot op Polokwane voltooi. Hierdie groep het ook vanjaar se oudste deelnemer, Wim Botha (76), ingesluit.

Die Brug-na-Berg fietsrit is die breinkind van oom Jakkie van der Colff van Pretoria. Hy het ‘n klompie jare gelede die land deurkruis op sy fiets en die idee het ontstaan om so ‘n een-dag-rit te reël wat vanaf die noorde tot die suide van die land strek. Die rit word dan gebruik om mense bewus te maak van die voordele van fietsry, asook die gevare daaraan verbonde en wat motoriste kan doen om fietsry veiliger te maak.

Die rit is ‘n inisiatief wat staatmaak op vrywilligers en word nie deur ‘n spesifieke liggaam beheer nie. Daar is ook geen inskrywingsfooie, registrasiegeld of enige pryse nie.

Die Brug-na-Berg rit het vanjaar weer jonk en oud betrek. Die jongste deelnemertjie was die vierjarige Altus, wat saam met sy ma ‘n deel van die roete tussen Vosburg en Carnarvon voltooi het. Die oudste deelnemer was Wim Botha (76) van Louis Trichardt wat meer as 100km getrap het tot op Polokwane.

 

 
 
 

Viewed: 1318

 

 
 

 
 

More photos... 

Die Louis Trichardt fietsryers en hul ondersteuningspan, afgeneem kort ná hulle in Polokwane aangekom het.

Catò de Bruin en Wim Botha (76) het vanjaar hul derde Brug-na-Berg rit voltooi. Hulle het deel gevorm van die groep wat van Louis Trichardt na Polokwane gery het.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT