ADVERTISEMENT:

 

 
 

Conway Rugbydag beloof groot rugby aksie

Date: 01 March 2019 By: 

‘n Fees van rugby is op die spyskaart tydens die Louis Trichardt Rugbyklub se jaarlikse Conway Rugbydag wat eerskomende Saterdag, 2 Maart, beslis sal word.

Dit sal 'n geskiedkundige gebeurtenis wees, aangesien dit die eerste keer sal wees dat die rugbyklub wedstryde op hulle nuwe velde sal speel. “Ons beloof ‘n volle dag van rugby,” het klubvoorsitter Kevin Gilbert gesê.

'n Vol dag van rugby gaan dit beslis wees. Om 09:00 draf Hoërskool Louis Trichardt se o.14-span uit teen Mitchell House, waarna Triegies en Hoërskool Eric Louw (Louwtjies) van Musina se o.15's om 10:00 mekaar die stryd sal aansê. Om 11:00 is dit die beurt van Triegies en Louwtjies se o.16's om sake uit te spook, waarna die twee skole se eerstespanne om 12:15 mekaar sal pak.

Die senior wedstryde vind vanaf 14:00 plaas, met Louis Trichardt 2 wat teen die Harlequins van Pretoria se tweedes sal uitdraf. Louis Trichardt se "ou manne/derdespan" sal daarna, om 15:30, te staan kom teen Letaba se derdes as voorwedtryd vir die hoofwedstryd van die dag, die wedstryd tussen Louis Trichardt en Harlequins se eerstes wat om 17:15 afskop.

Oudergewoonte word plaaslike ondersteuners uitgenooi om die klub se spelers te kom ondersteun. Toegangsgeld by die hekke beloop R10 per persoon, en oud en jonk is welkom. ‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees en verversings sal verkoop word vir die honger mae. 

 

 
 
 

Viewed: 605

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT