ADVERTISEMENT:

 

 
 

Mieke Veldman gee die aflosstokkie oor vir Boigantsho Masehla in die aflos vir meisie o.14 waar die Triegie-span derde eindig.

Inter lewer fees van atletiek

Date: 28 February 2019 By: 

Op Vrydag, 22 Februarie, was Hoërskool Merensky gasheer vir die jaarlikse Soutpansberg Atletiek Interhoër.

Hoërskole Pietersburg (PHS), Frans du Toit (Fransies), Eric Louw (Louwtjies), Louis Trichardt (Triegies), Merensky, Northern Academy en HTS Tom Naudé het vanjaar teen mekaar kragte gemeet.

Die dag het weereens ‘n skouspel van atletiek opgelewer. Elf nuwe rekords is opgestel, een van hulle deur Hoërskool Louis Trichardt se Benjamin de Waal. Hy verbeter die seuns o.16 driesprongrekord van 11,87 m na 12,37 m.

Triegies palm ‘n algehele derde plek uit die sewe skole tydens die interhoër in met 434 punte. In die eerste plek was PHS met 924 punte en Merensky was tweede met 681 punte. Die Louwtjies was sesde met 179 punte. Triegies sy meisiesspan eindig ook algeheel derde, terwyl die seunsspan vyfde was. Die Louwtjies se meisies- en seunsspan was beide sesde.

Wat medaljes betref, eindig die Triegies algeheel vierde met tien goue medaljes, 19 silwer medaljes en 31 brons medaljes. Die Louwtjies was weereens algeheel sesde met drie goue, 10 silwer en agt brons medaljes.

Op die gees- en sangfront was Merensky voor in die koor met ‘n aanskoulike opkoms, terwyl Frans du Toit en Tom Naudé die tweede- en derdeplekke ingepalm het. Die trofee vir “Sang & Ondersteuning” is met een punt voor Merensky se neuse weggeraap deur die Fransies van Phalaborwa. Merensky se dirigente beklee die derde plek, naas HTS Tom Naudé en wenners Frans du Toit. Die algehele geesbeker is ook saam met die Fransies, met Merensky wat as naaswenners wegstap en HTS Tom Naudé in die derde plek.

 
 
 

Viewed: 724

 

 
 

 
 

More photos... 

Christelle Coetzer (Triegies) hardloop die perfekte wedloop om die 800 m vir meisies o.19 te wen.

Johannes Joubert (Triegies) is ene konsentrasie in die 100 m vir seuns o.19 waar hy tweede eindig.

Lo’Care Madzhie (Triegies) tydens die wegspring van die 400 m vir seuns o.17 waar hy ‘n tweede plek inpalm.

Michaela Gilfillan (Triegies) in aksie in die diskus vir meisies o.19.

Mudodzwa Luvha (Triegies) seil in styl oor die hekkie vir ‘n derde plek in die 110 m hekkies vir seuns o.17.

Eric Louw se Hansie Swanepoel gee sy alles in die gewigstoot vir seuns o.17.

Louwtjies se Aiden Pretorius seil oor die hoogspringlat in die seuns o.17-afdeling.

Eric Louw se Karabo Maba slinger die diskus in die meisies o.19-item.

Triegies se Mulweli Muswede het hard gewerk vir haar tweede plek in die 100 m vir meisies o.19.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT