ADVERTISEMENT:

 

 
 

'n Fees van rugby tydens Conway Rugbydag

Date: 22 February 2019 By: 

‘n Fees van rugby is op die spyskaart tydens die Louis Trichardt Rugbyklub se jaarlikse Conway Rugbydag wat Saterdag, 2 Maart, beslis sal word.

Dit is ‘n geskiedkundige gebeurtenis aangesien dit die eerste wedstryde is wat op die klub se nuwe velde gespeel sal word. “Ons beloof ‘n volle dag van rugby,” het klubvoorsitter Kevin Gilbert gesê.

Die oggend sal Hoërskool Louis Trichardt se rugbyspanne speel, met die senior wedstryde wat vanaf 14:00 beslis sal word. “Die hoogtepunt sal die twee Harlequin-spanne van Pretoria wees wat die dag sal deelneem. Die hoofwedstryd van die dag is ook wanneer Louis Trichardt se eerstes teen Harlequins sal uitdraf,” het Gilbert gesê. Dié wedstryd, het Gilbert gesê, sal voorafgegaan word met ‘n “ou-manne” wedstryd.

Oudergewoonte word plaaslike ondersteuners uitgenooi om die klub se spelers te kom ondersteun. Toegangsgeld by die hekke beloop R20 per voertuig, en oud en jonk is welkom. ‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees en verversings sal verkoop word vir die honger mae. ‘n Volledige program van die dag se verrigtinge sal in volgende week se uitgawe van die Zoutpansberger verskyn.

 
 
 

Viewed: 466

 

 
 

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT