ADVERTISEMENT:

 

 
 

Daar is geen twyfel hierdie mannetjie het homself gate uit geniet as daar na sy glimlag gekyk word. Foto verskaf.

Pure plesier tydens kaskardag

Date: 08 November 2018 By: 

Pret en plesier was weer aan die orde van die dag tydens Laerskool Messina se jaarlikse kaskardag op Vrydag, 26 Oktober.

Die dag dien as fondinsamelingsgeleentheid vir die skool en die leerlinge is vooraf van borglyste voorsien om geld in te samel. Die mikpunt was R120 000 en sou die bedrag ingevorder word, sal die hele skool beloon word met ‘n uitstappie na Forever Resorts Tshipise. Hierdie mikpunt is ver oortref en ‘n ongelooflike bedrag van R204 411,80 is ingesamel. “Ek wil graag die borge, die ouers van Laerskool Messina en die gemeenskap bedank vir hulle ruim bydrae,” het die skool se waarnemende hoof, me. Lucinda Vorster, ná afloop van die dag gesê.

Individuele leerlinge en klasse wat die meeste geld ingesamel het, is ook beloon. Fondsinsamelingsbalkies is gegee aan leerlinge wat meer as R900 ingesamel het en die borglyste is ook gebruik vir gelukkige trekkings.

Die junior en senior leerlinge wat die meeste geld ingesamel het, was onderskeidelik Fareefta Islam (Graad 2B) en Cesca Nel (Graad 4V). Vir hulle moeite wen die meisies ‘n vlug in ‘n Cherooke ligte vliegtuig. Hulle, en mnr. Ravi Vansia, ontvang ook ‘n stel oorfone geborg deur me. Lindie Jansen van PC Works. Die twee meisies se klasse, die Graad 2B’s en Graad 4V’s, was ook die junior en senior klassie wat die meeste geld ingesamel het. Hiervoor word almal getrakteer met ‘n ete by die Spur.

Wat die kaskardag self betref, was die junior klas met die beste tema die Graad 3L-klas. Hulle tema was Beach Kids. Die beste senior klas, met die tema Teachers of the School, was die Graad 7R-klas. Ook hulle word beloon met ‘n ete by die Spur.

Die skool het hul dank uitgespreek teenoor al die borge, ook dié van pryse vir die gelukkige trekking. Hulle het ingesluit Hanley Wildlife Services (mnr. N. Whelan), PC Works (me. Lindie Jansen), me. R. Pieterse van Talisman (Hobby Kid kompressor, boor en hoekslyper), Ravi Vansia (vlug in die Cherooke), Forever Resorts Tshipise (naweek wegbreek), Arno van German Farm Butchery (vleispakkie), me. Nadine Saayman van Impala Diensstasie (brandstof geskenkbewys), me. M. Libert van Engen (brandstof geskenkbewys), die persoon wat die rooibok geskenk het, Messina Apteek (geskenkpakkie vir die junior en senior klas met meeste geld) en C Jay’s Salon (geskenkbewys vir die onderwysers van die junior en senior klas wat die meeste geld ingesamel het).

 

 
 
 

Viewed: 590

 

 
 

 
 

More photos... 

Laerskool Messina se Graad 3L-klas is aangewys as die klas met die beste tema tydens die skool se jaarlikse kaskardag op 26 Oktober. Hulle tema was Beach Kids. Foto verskaf.

Die toekenning vir die senior klas met die beste tema tydens Laerskool Messina se jaarlikse kaskardag is operaap deur die Graad 7R-klas, met die tema Teachers of the School. Foto verskaf.

Help bietjie oom!

Voluit vorentoe!

Die twee leerlinge wat die meeste geld vir Laerskool Messina se kaskardag ingesamel het, was Fareefta Islam (Graad 2B) en Cesca Nel (Graad 4V). Afgeneem is Fareefta (links) saam met me. Isabel Pietersen (organiseerder van die dag). Cesca was afwesig tydens die neem van die foto. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT