ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hoërskool Louis Trichardt is baie trots op hierdie ses lede van sy meisies bergfietspan wat as sesde beste meisiesspan uit die stryd tree tydens die nasionale finaal van die SPUR XCO-skoleliga by Hoërskool Bekker in Magaliesburg. Voor van links na regs is Eliz-Mari Pretorius, Christelle Coetzer, en Dominique Nel. Agter is Jennavieve Truter, Danelle Venter, Vossie van Zyl en Michelle Steyn. Foto verskaf.

Triegies se meisies sesde beste in die land

Date: 11 October 2018 By: Andries van Zyl

Hoërskool Louis Trichardt se meisie bergfietsspan het hulself weereens goed van hul taak gekwyt deur algeheel sesde te eindig tydens die finaal van die interprovinsiale Spur XCO Bergfietsliga wat die afgelope naweek by Hoërskool Bekker in Magaliesburg beslis is.

Triegies het as provinsiale wenners van die Limpopo-liga twaalf fietsryers, ses seuns en ses meisies, na die finaal by Bekker gestuur. In totaal het 1 324 kinders in Limpopo aan die liga deelgeneem.

Vanjaar was die 10de keer dat die nasionale skole Spur XCO-liga aangebied is. In hierdie tydperk het oor die 70 000 kinders van meer as 500 skole daaraan deelgeneem.

Die finaal by Bekker het verlede Vrydag by Hoër Landbouskool Bekker begin met die interskole kompetisie. Dit is Saterdag opgevolg met die interprovinsiale kompetisie.

Triegies se meisiespan, bestaande uit Jennavieve Truter, Christelle Coetzer, Eliz-Mari Pretorius, Danelle Venter, Vossie van Zyl, Dominique Nel en Michelle Steyn, was die sesde beste skolespan in die land met 45 punte. In dié afdeling het 55 skole deelgeneem. Eerste was Thomas Moore met 64 punte, tweede Menlo Park met 61 punte, derde Lydenburg met 58 punte, vierde Renish GHS met 56 punte en Transvalia vyfde met 51 punte.

Triegies se seunsspan, bestaande uit Richard Lambert, Rohan Cronjé, Calvin Lee, De Wet du Toit en Ditau Mandobe, was algeheel 43ste uit 75 skole.  

Vir volledige en individuele uitslae, besoek http://www.spurmtbleague.co.za/how-to-enter/inter-schools-2018/#1507542236192-e5a10369-b97b

 
 
 

Viewed: 870

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT