ADVERTISEMENT:

 

 
 

‘n Verheugde fietsryspan van Hoërskool Louis Trichardt met die trofee as top fietsryskool in die provinsie na afloop van die vierde en finale rondte van die provinsiale Spur XCO-skoleliga, die Tour de Maroela op Lephalale, die afgelope naweek. Foto verskaf.   

Triegies weer gekroon as top fietsryskool in Limpopo

Date: 21 September 2018 By: Andries van Zyl

Hoërskool Louis Trichardt het hulself weer bewys as die top bergfietsry skool in Limpopo toe hulle vir die soveelste agtereenvolgende jaar aangewys as die algehele wenners van die Spur XCO provinsiale skoleliga.

Triegies se fietsryspan het Saterdag in die vierde en finale rondte van die provinsiale Spur XCO-skoleliga, die Tour de Maroela op Lephalale, in moeilike omstandighede die knoop as top skool deurgehaak. Dit was uiters warm, tot so ‘n mate dat die wedren vir junior seuns verkort moes word vanweë die hitte. Tog was die Triegie-ryers se vertoning weereens goed genoeg en het Hoërskool Louis Trichardt met 607 punte bo-aan die liga se punteleer geëindig. Stanford Lake College was tweede met 477 punte en PHS derde met 377 punte.

Vier van Triegies se jong fietsrytalente het Saterdag weer gesorg vir podiumplekke. Vir die tweede agtereenvolgende wedren het die skool se Richard Lambert met ‘n eerste plek in die junior seunsafdeling gespog. Spanmaats Jennavieve Truter (Youth meisies) en Christelle Coetzer (junior meisies) het op hulle beurt elk ‘n tweede plek losgetrap in hul onderskeie ouderdomsgroepe, terwyl Eliz-Mari Pretorius vir ‘n derde plek gesorg het in die Youth meisies afdeling.

Hulle het nou dalk nie Saterdag podiumplekke losgery nie, maar nog nege Triegies kon spog met top 10 posisies. Vossie van Zyl (junior meisies) en Danelle Venter (sub-junior meisies) was vierde in hulle afdelings, terwyl Rohan Cronjé (Youth seuns) vyfde was. Michelle Steyn (sub-junior meisies) was sesde, Ditau Mandobe (junior seuns) en De Wet du Toit (Youth seuns) elk sewende, Herman Veldman (sub-junior seun) agtste, Calvin Lee (Youth seuns) negende en Dominique Nel (Youth meisies) 10de.

Ses van die Triegie-span het na afloop van Saterdag se wedren hulle provinsiale kleure in dié sportsoort verwerf, naamlik Richard Lambert, Jennavieve Truter, Christelle Coetzer, Eliz-Mari Pretorius, Rohan Cronjé en Calvin Lee.

As wenners van die provinsiale skoleliga is Triegies ook uitgenooi om ‘n 12-man span te stuur na die nasionale finaal van die Spur XCO-liga by Hoërskool Bekker (Magaliesburg) gedurende die Oktober-vakansie. Buiten vir bogenoemde ses ryers wat in die span is, is die ander ses ryers wat vir die span gekies is De Wet du Toit, Ditau Mandobe, Danelle Steyn, Vossie van Zyl, Dominique Nel en Michelle Steyn.

 
 
 

Viewed: 531

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT