ADVERTISEMENT:

 

 
 

Vir die eerste keer in die geskiedenis van Laerskool Messina se Graad 7 fietstoer na Tshipise is die “resies” deur ‘n meisie gewen. Nie net dit nie, maar meisies het ook die tweede en derde plekke opgeraap. Afgeneem is die drie wenners. Van links na regs is Elri Vorster (eerste), Tylor Nel (tweede) en Meghna Jadeja (derde). Foto verskaf.

Meisies eerste tydens 40ste fietstoer

Date: 20 September 2018 By: Andries van Zyl

Laerskool Messina het Vrydag, 7 September, ‘n geskiedkundige mylpaal behaal met die 40ste herdenking van die Graad 7’s se jaarlikse fietstoer na Tshipise.

Daar het groot opgewondenheid onder die Graad 7’s geheers. As deel van hierdie geykte tradisie is die kinders na Bokmakierie aangery, vanwaar hulle per fiets na Tshipise getrap het. Waterpunte langs die pad is deur die Graad 7 ouers beman.

Nog ‘n tradisie wat voortgeleef is, is die “resies” na die eindpunt wat gewoonlik ná die laaste waterpunt tussen die kinders plaasvind. Vir slegs die tweede keer in die geskiedenis van die fietstoer is die resies deur 'n meisie gewen. Nie net het Elri Vorster met die louere weggestap nie, maar die daaropvolgende vier plekke is ook deur meisies ingeneem, by name Tylor Nel (tweede), Meghna Jadeja (derde), Simone Nel (vierde) en Katlego Maraba (vyfde).

Sjokolade is ook uitgedeel aan fietsryers wat buitengewoon goed presteer het.  Een van hulle was Dzanga Nthakheni, wat haar knie en skouers nerfaf geval het, maar steeds aanhou ry het en die resies voltooi het. Nog twee leerlinge, Dakalo Maduguma en Loyiso Booi, het die hele resies op piepklein fietsies aangedurf en ook nie moed opgegee nie.  

Die organiseerder van die dag, me. Natasha Verster, het ná afloop van die fietstoer haar dank uitgespreek teenoor die borge van die dag, naamlik Tshipise Forever Resort (vir die gebruik van die oord en die maak van pap, sous en slaaie), Spur (geskenkbewyse vir die eerste drie plekke), Talisman (geskenkpakke en waterpunt), Messina Toyota Knights (geskenksak en waterpunt), Central African Crushers, Thabu Foods (koeldrank en water), Messina Apteek (geskenkpak), Tops (ys en water), die Musina Verkeersdepartement en al die Graad 7-ouers van Laerskool Messina. “Sonder julle borgskappe sou die dag nie moontlik gewees het nie,” het die hoof van Laerskool Messina, me. Lucinda Vorster, gesê.

 

 
 
 

Viewed: 572

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Van Laerskool Messina se Graad 7-leerlinge maak gereed om verder te trap tydens die skool se 40ste herdenking van hulle Graad 7 fietstoer na Tshipise verlede Vrydag. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT