ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hoërskool Louis Trichardt se Witleeus op Ellispark waar hulle verlede Vrydag geoefen het vir die semifinale ronde van die Virseker Beker se derdeliga. Hulle moes Saterdag egter die knie buig teen Hoërskool Leeuwenhof. Foto verskaf.

Leeuwenhof te sterk vir Witleeus in semifinaal

Date: 16 August 2018 By: Andries van Zyl

Hoërskool Louis Trichardt se hoop om in die finaal van die Virseker Beker se derdeliga te speel is die afgelope naweek deur Hoërskool Leeuwenhof verpletter.

Triegies se eerste rugbyspan, oftewel die Witleeus, het ‘n spogseisoen agter die rug en dit was juis hulle goeie vertoning wat aan hulle Saterdag ‘n plek besorg het in die semifinale ronde van die Virseker Beker teen Leeuwenhof. Dit nadat hulle in die eerste uitspeelwedstryd vir Fochville 39-29 geklop het, en daarna 34-26 afgereken het met Hoërskool Stofberg van Brakpan in die kwarteindronde.

Die seuns het verlede Vrydag na Bedfordview in Johannesburg vertrek, waar hulle die kans gehad het om op Ellispark te oefen. Die Leeus se motiveringspreker, Jannie Putter, het ook die seuns kom moed inpraat.

Tog was ‘n oorwinning die Witleeus nie Saterdag beskore nie. “Die was ‘n spannende wedstryd gewees.  Leeuwenhof het eerste punte aangeteken en van daar af kon die Witleeus nie weer die agterstand inhaal nie. Die eindtelling was 29-17 in Leeuwenhof se guns,” het afrigter Armand Stander gesê. Die span se driedrukkers was binnesenter Johannes Joubert, wat twee keer agter Leeuwenhof se doellyn gaan kuier het, en vleuel Karabo Maofhe, wat een drie gaan druk het.

Stander het die seuns geloof vir hulle goeie spel die seisoen. “Ons wil ook baie dankie sê aan almal wat ons ondersteun het deur die jaar. Dit sluit in die gemeenskap, ouers, skool en al ons borge. Ek dink in besonder aan Thompson's Motors, Limpopo Melkery, Spar en Dunlop as borge. Sonder hierdie ondersteuning sou die ongelooflike seisoen wat die Witleeus ervaar het nie moontlik kon wees nie,” het Stander gesê.

 
 
 

Viewed: 746

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT