ADVERTISEMENT:

 

 
 

Pure vreugde! Hoërskool Louis Trichardt se eerste rugbyspan, oftewel die Witleeus, afgeneem kort ná hul oorwinning oor Hoërskool Fochville die afgelope naweek. Hulle kom nou Saterdag te staan teen Hoërskool Stofberg van Brakpan in die kwarteindronde van die Virseker Beker in Afdeling 3. Foto verskaf.

Witleeus klop Fochville, pak Saterdag Stofberg

Date: 03 August 2018 By: Andries van Zyl

Groot rugby is die naweek op die spyskaart wanneer Hoërskool Louis Trichardt se eerstespan, oftewel die Witleeus, op hul tuisveld uitdraf teen Hoërskool Stofberg van Brakpan in die kwarteindronde van die Virseker Beker.

Die skool het hul plek in die kwarteindronde van hierdie gewilde liga te danke aan die Witleeus se oorwinning oor Fochville op Saterdag, 28 Julie. Die skool neem in Afdeling 3 van die liga deel.

“Fochville het ‘n groot rugbydag gehad, met die skool se o.14’s, o.15’s, o.16’s en hul eerstespan wat deurgedring het in die Virseker Beker … Ons het gekyk hoe hulle o.14’s en o.15’s gemaklik wen. Die o.16-wedstryd was ‘n taai stryd gewees, maar hulle het hom ook gewen,” het Triegie afrigter Armand Stander gesê.

In daardie stadium, het Stander gesê, het dit gelyk asof alles teen Louis Trichardt tel. “Fochville het die momentum gehad van drie oorwinnings in 'n ry. Daar was baie mense, die tuisskare, vir ondersteuning. Dit het klaar baie druk op ons gesit en die ver ry het ook nie gehelp nie,” het Stander gesê. Die span het die vorige dag tot in Potchefstroom gery, waar hulle oornag het.

Die tyd het toe aangebreek vir Louis Trichardt om op die veld te draf. “Die seuns het teen 'n redelike tempo begin speel. Ons het eerste punte aangeteken en toe begin Fochville ons intimideer. Hulle het twee keer in ‘n ry punte aangeteken en halftyd het ons ingegaan met ‘n agterstand van 22-14,” het Stander gesê.

Wat ookal in die kleedkamers oor halftyd gesê is, het duidelik gehelp. “Die tweede helfte het die seuns met groot veggees teruggegaan. Hulle het die druk van die intimidasie van die toeskouers, asook die spelers, op die veld goed hanteer. Ons het teruggeveg en op die ou end 39-29 gewen!” het Stander gesê.

Volgens Stander was dit maar ‘n op en af wedstryd. “Dan was hulle voor en dan was ons voor. Ons is baie bly dat die Witleeus dit deurgetrek het,” het Stander gesê. Die puntemakers was Gerhardt Grobler (skrumskakel), Divan Pretorius (losskakel), Karabo Boikanyo (vleuel), Johannes Joubert (senter) en Ditau Mandobe (senter), wat elk ‘n drie gaan druk het. “Gerhardt het ook vir ons ‘n 100% skop persentasie gehad met ses suksesvolle skoppe na die pale,” het Stander bygevoeg.

Die wedstryd Saterdag skop om 12:00 af. “Ons vra asseblief so veel as moontlik ondersteuning hierdie naweek. Die dorp moet ons kom help,” het Stander gesê.

 
 
 

Viewed: 576

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT