ADVERTISEMENT:

 

 
 

Hoërskool Louis Trichardt het ‘n sterk span van 30 bergfietsryers Saterdag na Merensky gestuur vir deelname aan die eerste Limpopo XCO-skoleliga, die Tour de Plaas. Die span het ‘n totaal van vier podiumplekke en 14 Top-10 plekke in die onderskeie ouderdomsgroepe behaal. Foto verskaf.

Triegie-trappers wys hul staal in eerste XCO-liga

Date: 02 August 2018 By: Andries van Zyl

Die jaarlikse Limpopo XCO-skoleliga het die afgelope naweek afgeskop met die hou van die eerste ligabepaling, die Tour de Plaas, by Hoërskool Merensky.

Beide Hoërskool en Laerskool Louis Trichardt was goed verteenwoordig. Hoërskool Louis Trichardt het ‘n sterk span van 30 bergfietsryers Saterdag na Merensky gestuur en ‘n totaal van vier podium plekke en 14 Top 10 plekke in die onderskeie ouderdomsgroepe behaal. Dit is ‘n goeie vertoning, veral as mens in ag neem dat sowat 300 fietsryers aan die liga deelgeneem het.

Die hoërskool se top presteerders was Jennavieve Truter met ‘n eerste plek in die Youth-afdeling vir meisies. Spanmaat Christelle Coetzer spog op haar beurt met ‘n tweede plek in die junior-afdeling vir meisies, terwyl Richard Lambert ‘n derde plek behaal het in die junior-afdeling vir seuns. Een van die skool se nuwe jong ryers, Danelle Venter, het  ook vir ‘n derde plek in die sub-junior-afdeling vir meisies gesorg.

Die 14 Triegies wat Top10 posisies ingepalm het, was Karla “Vossie” van Zyl (vierde junior meisie), Eliz-Mari Pretorius (vierde Youth meisie), Rohan Cronjé (vyfde Youth seun), De Wet du Toit (sesde Youth seun), Michelle Steyn (sesde sub-junior meisie), Calvin Lee (sewende Youth seun), Herman Veldman (sewende sub-junior seun), Jean-Roan le Roux (agtste junior seun), Zoe Lubbe (negende junior meisie), Suné Beukes (10de junior meisie), Turner de Swardt (10de junior seun), Dominique Nel (10de Youth meisie), Joshua Swart (10de sub-junior seun) en Carla Enslin (10de sub-junior meisie).

Hoërskool Louis Trichardt se fietsryers se goeie vertoning het aan hulle ‘n vroeë voorsprong gegee op die liga se punteleer. Stanford Lake College was tweede, PHS derde en Merensky vierde. Die volgende ligabepaling is op 18 Augustus in Polokwane.

Laerskool Louis Trichardt se jong fietsryers het eweneens goed presteer. In die afdeling vir sub Nippers seuns (o.8) het Aiden Bruce sesdegeëindig. In dieselfde afdeling vir meisies spog Cara Bruce met ‘n tweede plek. Peroux du Preez, Wian Bezuidenhout en Gerhard Furstenburg het onderskeidelik 12de, 18de en 25ste in die Nippers-afdeling vir seuns (o.10) klaargemaak, terwyl Renette Nel 14de was in die Nippers-afdeling vir meisies.

In die Sprogs-afdeling vir seuns (o.12) het Brendan Bruce met ‘n derde plek geskitter, terwyl spanmaats Matthew Lee, Daniel Lee en Jacques Crafford onderskeidelik 12de, 15de en 18de geëindig het in dié ouderdomsgroep. In dieselfde afdeling vir meisies was Aleen Furstenburg en Catelyn de Beer onderskeidelik vyfde en agtste.

Wat die sub-junior afdeling vir seuns (o.14) betref, het Jacques du Preez en Keegan Mocke onderskeidelik 22ste en 39ste geëindig, terwyl Jessica Taylor en Mieke Veldman onderskeidelik sewende en 14de klaargemaak het in dieselfde afdeling vir meisies.

 
 
 

Viewed: 518

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT