ADVERTISEMENT:

 

 
 

Rugbymanne in laaste kragmeting op tuisveld

Date: 27 July 2018 By: Andries van Zyl

Die Louis Trichardt Rugbyklub sal eerskomende Saterdag, 28 Julie, gasheer speel vir twee geskiedkundige wedstryde wanneer die dorp se eerstes en tweedes vir oulaas op hul tuisveld sal uitdraf voordat die bestaande klubfasiliteite gesloop word.

"Dit is vir ons belangrik dat die mense ons kom ondersteun. Dit is die laaste wedstryde wat op die klub se bestaande veld gespeel sal word. Ná die naweek sal die velde en klubhuis, wat die kroeg insluit, gesloop word. Vir ons is dit die einde van ‘n era en alle oud-spelers is welkom om saam met ons ‘n glasie in die losie te kom klink op die ou klub,” het klubvoorsitter Kevin Gilbert gesê. Die klub sal binne die volgende paar weke oorskuif na hulle nuwe fasiliteite ‘n entjie verder uit op die Levubu-pad.

Eerskomende Saterdag se wedstryde skop om 15:00 af wanneer die tweedespanne van Louis Trichardt en Letaba mekaar die stryd sal aansê in die volgende ronde wedstryde van die Limpopo Senior Liga. Die twee dorpe se eerstespanne sal mekaar daarna om 17:00 aandurf.

Toegangsgeld by die hekke beloop R20 per voertuig en oud en jonk is welkom. ‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees en verversings sal verkoop word vir die honger mae.

 
 
 

Viewed: 455

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT