ADVERTISEMENT:

 

 
 

Dorp se eerstes durf Univen aan

Date: 20 July 2018 By: Andries van Zyl

Die Louis Trichardt Rugbyklub sal eerskomende Saterdag, 21 Julie, hul tweede-laaste tuisveld kragmeting van die Boet Fick-liga hê wanneer die dorp se eerstes sal uitdraf teen die Universiteit van Venda.

“Dit is vir ons belangrik dat die mense ons kom ondersteun. Ná die naweek se wedstryd het ons nog net een wedstryd oor wat ons op die klub se bestaande veld sal speel, voordat die klub gesloop word,” het klubvoorsitter Kevin Gilbert gesê. Die klub sal daarna oorskuif na hulle nuwe fasiliteite ‘n entjie verder uit op die Levubu-pad.

Eerskomende Saterdag se wedstryd skop om 15:00 af. Toegangsgeld by die hekke beloop R20 per voertuig en oud en jonk is welkom. ‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees en verversings sal verkoop word vir die honger mae.

“Moenie van ons laaste plaaslike kragmeting teen Letaba volgende Saterdag, 28 Julie, vergeet nie,” het Gilbert gesê.

 
 
 

Viewed: 522

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT