ADVERTISEMENT:

 

 
 

Louis Trichardt se tweedespan slot, Douglas Singo, dryf na die doellyn vir ‘n pragdrie.

Louis Trichardt kraai koning oor Noordelikes

Date: 28 June 2018 By: Andries van Zyl

Louis Trichardt se tweede rugbyspan het die afgelope Saterdag ‘n redelik gemaklike oorwinning behaal oor hul opponente van die Noordelikes Rugbyklub in Polokwane.

Die dorp het op hul tuisveld uitgedraf teen Noordelikes en 31-10 in hul Boet Fick-ligawedstryd geseëvier. Reeds teen halftyd was die skrif aan die muur ,met Louis Trichardt wat 31-0 voorgeloop het ná ‘n string drieë.

Noordelikes het in die tweede helfte teruggeveg, maar kon slegs twee onverdoelde drieë aanteken. Afgeneem is Louis Trichardt se tweedespan slot, Douglas Singo, wat na die doellyn dryf vir ‘n pragdrie.

Kort daarna moes Louis Trichardt se eerste rugbyspan hard werk in hul ligawedstryd teen Noordelikes se eerstes. Ná hul tweedespan se nederlaag teen Louis Trichardt, het Noordelikes se eerstes vanaf die afskop erge druk op Louis Trichardt toegepas.

Louis Trichardt se manne het egter die druk goed hanteer en met die blaas van die eindfluitjie 38-32 koning gekraai in ‘n baie strawwe wedstryd.

Louis Trichardt het nog twee tuiswedstryde oor wat op die “ou” rugbyveld gespeel sal word, voordat die klub oorskuif na hulle nuwe perseel. Op 21 Julie draf hulle uit teen Univen en op 28 Julie kom hulle te staan teen Letaba. Eerskomende naweek speel Louis Trichardt weg teen Potties.

 
 
 

Viewed: 658

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Louis Trichardt se eerste rugbyspan moes Saterdag hard werk in hul Boet Fick-ligawedstryd teen Noordelikes van Polokwane. 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT