ADVERTISEMENT:

 

 
 

Louis Trichardt durf Noordelikes op tuisveld aan

Date: 22 June 2018 By: Andries van Zyl

Die Louis Trichardt Rugbyklub sal eerskomende Saterdag, 23 Junie, te staan kom in die derde-laaste kragmeting van die Boet Fick-liga op hul tuisveld, wanneer die dorp se eerste- en tweedespanne sal uitdraf teen Noordelikes van Polokwane.

“Dit is vir ons belangrik om ons laaste drie kragmetings op ons tuisveld te wen om in aanmerking te kom vir die semifinale ronde van die Boet Fick-liga,” het klubvoorsitter Kevin Gilbert Woensdag gesê. Hy het bygevoeg dat die kragmeting teen Noordelikes en daarna teen Univen en Letaba die laaste wedstryde sal wees wat op die ou klub se velde gespeel sal word. “Van volgende jaar af speel ons op die klub se nuwe velde, net verby die skougronde,” het Gilbert gesê.

Louis Trichardt se tweedespan sal om 15:00 op die veld draf, waarna die dorp se eerstespanwedstryd om 16:30 sal afskop.

Oudergewoonte word plaaslike rugbyliefhebbers uitgenooi om die klub se spelers te kom ondersteun. Toegangsgeld by die hekke beloop R20 per voertuig en oud en jonk is welkom. ‘n Kontantkroeg sal beskikbaar wees en verversings sal verkoop word vir die honger mae.

 

 
 
 

Viewed: 468

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT