ADVERTISEMENT:

 

 
 

Die volledige span, van links na regs, was Christelle van Tonder, Ziamay en Danika Malan. Foto verskaf.

Twee sussies skitter by Arnold Classic Africa

Date: 25 May 2018 By: Isabel Venter

Twee sussies van Louis Trichardt het die afgelope naweek hulle staal gewys by die Arnold Classic Africa-kompetisie by die Sandton-konferensiesentrum .

Dié gewilde kompetisie maak elke jaar voorsiening vir eer as 50 verskillende sportsoorte.

Danika (18) en Ziamay (16) Malan, saam met spanmaat Christelle van Tonder, het as span deelgeneem aan die CrossFit-kompetisie en ‘n eerste plek behaal. Dit was vir hulle al drie ‘n eenmaal-in-'n-leeftyd belewenis, nie net omdat dit hulle eerste groot kompetisie saam was nie, maar ook die eerste kompetisie was waaraan Christelle deelgeneem het.

Saam het die drie sewe oefensessies in drie dae (18 tot 20 Mei) voltooi tydens die kompetisie. “Dit is meer as wat ons in ‘n week doen hier by die gimnasium,” het Ziamay vertel.

Sy het verwys na die CrossFit Open Doors Gimnasium by Hoërskool Louis Trichardt waar hulle deur pa Felix afgerig word in dié sportsoort. CrossFit se oefeninge is gebaseer op funksionele beweging, hoë intensiteit en 'n konstante verandering van oefeninge om spiergeheue te verhoed.

By die Arnold Classic het die drie-vrou-span (2Fit2Quit) goed saam gewerk aan die voorafbepaalde stel oefeninge wat hulle moes doen. Danika en Ziamay vertel dat hulle die verskillende oefeninge tussen hulle opgedeel het volgens elke spanmaat se sterkpunte.

“Dit was ‘n ongelooflike ervaring gewees,” het Danika ná die tyd gesê. Sy het eers aan die einde van die tweede dag by haar span aangesluit weens ‘n hokkiewedstryd waaraan sy moes deelneem. Danika, ‘n leerling van Hoërskool Louis Trichardt, speel vir die skool se eerste meisieshokkiespan. Dit het beteken dat Ziamay en Christelle vir ‘n ruk op hulle eie stoom moes klaarkom met oefensessies wat uitgewerk is vir ‘n span van drie. “Maar dit was ongelooflik lekker om saam met tannie Christelle te werk. Ons verstaan mekaar se sterk- en swakpunte, maar mens weet nooit wat gaan gebeur met ‘n nuwe spanmaat nie,” het die twee sussies gesê.

Dit was derhalwe vir hulle ‘n aangename verrassing toe hulle tweede geplaas is in die afdeling vir spanne wat bestaan uit drie vrouens. Dit was nog ‘n groter verrassing toe hulle by die prysuitdeling opgeroep word as die wenners in dié afdeling. Heelwat punte is afgetrek by die span wat sou gewen het, omdat hulle die verkeerde toerusting en gewigte gebruik het tydens een van hulle oefensessies. “Dit was vir ons ‘n groot verrassing, omdat ons eintlik net gaan deelneem het vir die pret daarvan,” sê Danika.  

 
 
 

Viewed: 505

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Danika (links) en Ziamay Malan, twee sussies van Louis Trichardt, met die goue medaljes wat hulle gewen het by die Arnold Classic Africa-kompetisie. 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT