ADVERTISEMENT:

 

 
 

CP in aksie tydens vanjaar se Cape Epic. Hy en spanmaat Luke Maga van Australië eindig dié moordende bergfietsren oor sowat 700 km oor agt dae in ‘n tyd van 32 uur, vier minute en 13 sekondes. Algeheel was hulle 80ste en 55ste in die mans-kategorie. Foto: SPORTOGRAF

CP en Luke onder top 100 om Cape Epic te voltooi

Date: 14 April 2018 By: Andries van Zyl

Levubu-inwoner, CP van Wyk, het vanjaar weereens die Soutpansberg trots gemaak tydens sy en spanmaat Luke Maga se deelname aan die jaarlike Cape Epic bergfietswedren vanaf 18 tot 25 Maart.

CP, wat tans studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, is in Februarie genader deur ‘n fietswinkel in Stellenbosch wat namens Luke, ‘n Australiër, op soek was na ‘n spanmaat om saam die Cape Epic te ry. Luke se bestaande spanmaat moes weens siekte onttrek.

Gelukkig vir CP was hy hierdie jaar voorbereid sou so ‘n geleentheid hom weer voordoen en hy het opgewonde ingestem. Vir beide CP en Luke sou dit hul tweede deelname aan die Epic wees, nadat hulle verlede jaar ook deelgeneem het.

CP en Luke het deelgeneem as span Coffeeworks, ‘n koffiewinkel van die Specialized fietsrywinkel in Stellenbosch. Hulle was een van meer as 600 spanne wat vanjaar ingeskryf het vir die Cape Epic met dié moordende wedren wat oor sowat 700 km oor agt dae beslis is.

Luke is  37 jaar oud, werk voltyds, en nie presies in dieselfde kategorie as CP nie, dus was hierdie jaar se uitdaging vir CP om die beste uit sy maat te haal sonder om hom uit te brand. Die spanwerk het hulle goed reggekry. Die twee het baie goed oor die weg gekom, mekaar ongelooflik ondersteun en die dinamika tussen hulle was duidelik sigbaar.

Die eerste dag is die prologue beslis met CP en Luke wat algeheel 178ste eindig en 111de in die mans-kategorie. Dit is gevolg deur sewe skofte wat oor die volgende sewe dae beslis is. Skof 1 voltooi die twee in die 116de posisie (79ste in hul kategorie), waarna hulle die volgende ses skofte telkens klaarmaak onder die algehele top 100 ryers. Ná ‘n moordende agt dae se sweet, eindig CP en Luke die Cape Epic in ‘n algehele 80ste plek en ‘n 55ste plek in hul ouderdomskategorie – glad nie sleg vir ‘n mannetjie van Levubu wat ‘n Aussie moet “dra” nie!

CP het gesê hy het die ervaring ongelooflik baie geniet en elke dag met 'n groot glimlag klaargemaak.  Hy was ook buitengewoon geseënd met geen pap bande of valle nie.

Oor hoekom CP ingeskryf het vir die Cape Epic, sê dié beskeie ryer van Levubu: “Dit was nog altyd my droom – dit is die grootste skof-wedren ter wêreld.” Vir Luke het dit ook gegaan oor die uitdaging. “Dit sal ‘n uitdaging wees, maar ons is hier om nie net deel te neem nie, maar om die moeilikste bergfietswedren op die wêreld se sportkalender te voltooi,” het Luke gesê.

 
 
 

Viewed: 405

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

CP van Wyk (regs) en Luke Maga (links), ‘n Australiër, ry hande omhoog by voltooiing van die moordende jaarlikse Cape Epic. Foto: SPORTOGRAF

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT