ADVERTISEMENT:

 

 
 

Triegies raap plekke op tydens Interhoër

Date: 01 March 2018 By: Isabel Venter

Die sonroom het verlede week reg gestaan in Musina met Hoërskool Eric Louw wat vanjaar gasheer gespeel het vir die jaarlikse Interhoër-atletiekbyeenkoms.

Skole wat sake op die atletiekbaan en pawiljoene uitgespook het, was die gasheer skool, Hoërskole Pietersburg (PHS), Merensky (Plasies), Louis Trichardt (Triegies), Tom Naudé, Frans du Toit (Fransies) en Northern Academy.

Triegies het hulle op beide die baan en pawiljoen goed van hul taak gekwyt.

Die hoogtepunt vir die Triegie-span was beslis toe Richard Lambert die O/19 driesprongrekord verbeter het. Hy het vinnig die ou rekord van 13.88m geëwenaar, waarna hy dit verbeter het tot 13.99m en daarna die nuwe rekord van 14.11m opgestel het.

Die Triegie-span het altesaam 15 goue, 27 silwer en 39 brons medaljes ingeoes.

Op die pawiljoen het die Triegie-seerowers met hulle reuse skip, die Scallywag, beslis die aandag getrek. Die span se energieke optrede, nie net tydens hulle openingsaanbieding nie, maar reg deur die dag, het aan hulle ‘n tweede plek op die sangbekerlys besorg.

Algeheel het Triegies derde op die punteleer geëindig, ná Merensky wat tweede was en PHS wat as die algehele wenners gekroon is.

Die Louwtjies eindig algeheel sesde ná Tom Naude en Frans du Toit, wat onderskeidelik die vierde en vyfde plekke ingepalm het. Hulle span het‘n totaal van vier goue, agt silwer en 12 brons medaljes gewen.

Kyk na nog foto's hier.

 

 
 
 

Viewed: 507

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Hoërskool Eric Louw se span dirigente het gekook tydens die Interhoër Atletiekbyeenkoms wat verlede week by die skool aangebied is.

Hoërskool Eric Louw se span dirigente het gekook tydens die Interhoër Atletiekbyeenkoms wat verlede week by die skool aangebied is.

Die Triegie Seerowers het beslis aandag getrek op die pawiljoen, en gesorg dat die gees daar was lank nadat die laaste medalje gewen is.

Die Triegie Seerowers het beslis aandag getrek op die pawiljoen, en gesorg dat die gees daar was lank nadat die laaste medalje gewen is.

Richard Lambert (O/19), die oomblik toe hy die nuwe driesprongrekord van 14.11m opgestel het by verlede week se Interhoër Atletiekbyeenkoms in Musina.

Devan le Roux (links) van Hoërskool Louis Trichardt, nek-aan-nek met twee Louwtjies tydens die Interhoër. 

Mulweli Muswede was een van Hoërskool Louis Trichardt se medaljewenners tydens verlede week se interhoër wat in Musina aangebied is deur Hoërskool Eric Louw.

Hoërskool Eric Louw het nie net gasheer gespeel vir die jaarlikse Interhoër Atletiekbyeenkoms nie, maar ook atlete gehad wat die skool verteenwoordig het op die veld.

Richard-Dean Anderson was deel van die Triegiespan wat verlede Vrydag gaan deelneem het aan die interhoër atletiekbyeenkoms wat aangebied in Musina. 

Hoërskool Eric Louw het nie net gasheer gespeel vir die jaarlikse Interhoër Atletiekbyeenkoms nie, maar ook atlete gehad wat die skool verteenwoordig het op die veld.

Richard Lambert saam met mnr. Lourens Barnard, pas nadat hy die SO/19 driesprongrekord verbeter het.

Richard Lambert doen dit weer! Richard, ‘n leerling  van Hoërskool Louis Trichardt, het Vrydag die SO/19 driesprongrekord drie keer verbeter by die Interhoër Atletiekbyeenkoms in Musina. Die nuwe rekord is nou 14.11m (ou rekord 13.88). Lesers kan na nog meer foto's van die interhoër gaan kyk op die koerant se webblad by www.zoutpansberger.co.za

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT