ADVERTISEMENT:

 

 
 

Eliz-Marie Pretorius (links) hetop haar beurt eerste in die Youth meisies-afdeling (15 tot 16 jaar) van die 35km klaargemaak. Foto: Facebook.

Podiumplekke vir jong Triegie-ryers by Makhulu 5

Date: 22 February 2018 By: Andries van Zyl

Hoër- en Laerskool Louis Trichardt se jong fietsryers het die afgelope naweek bietjie in Polokwane gaan sweet tydens die jaarlikse Makhulu 5 bergfietswedrenne.

In die 65 km-wedren het Hoërskool Louis Trichardt se Marno van Zyl vir hom ‘n tweede plek losgetrap in die senior mans-afdeling (19 tot 29 jaar) in ‘n tyd van 02:22:55. Algeheel het hy 5de geëindig uit die amper 70 deelnemers wat weggespring het.

In die 35 km-wedren het mede Hoërskool Louis Trichardt fietsryer Turner de Swardt ook met ‘n tweede plek gespog in sy afdeling vir junior mans (17 tot 18 jaar) in ‘n tyd van 01:20:13. Hy het ook algeheel tweede geëindig in die wedren. Eliz-Marie Pretorius het op haar beurt eerste klaargemaak in die Youth meisies-afdeling (15 tot 16 jaar) van die 35 km in ‘n tyd van 01:36:29, terwyl haar spanmaat De Wet du Toit in dieselfde kategorie vir seuns algeheel vyfde was in 01:25:37, slegs vyf minute ná die wenner. Michelle Steyn van Hoërskool Louis Trichardt is nog ‘n fietsryer wat beïndruk het met haar derde plek in die sub-junior meisies afdeling (13 tot 14 jaar) van die 35 km in ‘n tyd van 02:03:53.

Wat Laerskool Louis Trichardt se jong fietsryers betref, was daar net so ‘n groot klomp wat presteer het.

In die Nippers-afdeling (seuns O/10) van die 15 km-wedren het Gerhard Furstenburg vir homself ‘n 15de plek losgetrap, met spanmaat Aiden Bruce 16de. In dieselfde ouderdomsgroep vir meisies was Cara Bruce algeheel vyfde, met Mia Venter in die 11de posisie.

In die Sprogs-afdeling vir seuns O/12 was Brendan Bruce die vierde jong Triegie oor die wenstreep. Jacques Crafford was sesde en Kyle Vollgraaf negende. In dieselfde ouderdomsgroep vir meisies was Catelyn de Beer derde en Eleen Furstenburg sewende. Die enigste laerskool spanlid wat kans gesien het vir die R35 km was Jessica Taylor, wat algeheel tweede klaargemaak het in die sub-junior meisiesafdeling (13 tot 14 jaar).

 
 
 

Viewed: 389

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Hoërskool Louis Trichardt se Marno van Zyl (regs) het ‘n tweede plek behaal in die senior mans-afdeling van die Makhulu 5-wedren oor 65 km wat Saterdag in Polokwane beslis is. In die middel staan Alan Gordon, wat nie net die wedren gewen het nie, maar ook die afdeling, en Matt Wilkinson, wat derde was. Foto: Facebook

In die 35km wedren spog mede Hoërskool Louis Trichardt fietsryer Turner de Swardt (regs) ook met ‘n tweede plek in sy afdeling vir junior mans. Saam met hom staan wedrenwenner Sheldon Muller (middel) en Menno Glas (derde). Foto: Facebook.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT