ADVERTISEMENT:

 

 
 

Rick Coetzee in sy TeamLifeCycle kleure. 

Plaaslike fietsryer deel van professionele span

Date: 17 February 2018 By: Isabel Venter

Rick Coetzee, ‘n plaaslike fietsryer van Louis Trichardt, is nou as’t ware ‘n professionele ryer.

Hy is vroeër in die jaar deur Team LifeCycle genader om deel van hulle amateur span ryers te wees. Die span is op die been gebring deur Annelize van Zyl, wat self ook ‘n gesoute fietsryer is.

Een van Team LifeCycle se grootste borge is die prokureursfirma Gert Nel Ingelyf, wat gebaseer is in Pretoria.

Hulle span bestaan uit 26 fietsryers van regoor Suid-Afrika, met twee fietsryers wat van Limpopo afkomstig is, waarvan Rick een is. Rick se ander spanmaat is die voormalige Triegie, die 23-jarige Juandré Brits wat deesdae in Tzaneen woon.

Albei van hulle is padfietsryers wat al aan heelwat provinsiale en nasionale wedrenne deelgeneem het.

Rick is plaaslik ook bekend vir heelwat podiumplekke wat hy al ingepalm het by pad- sowel as bergfietswedrenne. In 2016 was hy ook deel van die Soutpansberg se heel eerste professionele fietsryspan, Team Tac-Pulse. As lid van die span het hy leiding gegee as kaptein en ook sommer die streek verteenwoordig tydens daardie jaar se 175 km Kremetart padfietswedren.

Nes sy lewensleuse – “just keep moving” – is Rick ook altyd aan die gang. As hy nie besig is om te oefen op sy fiets nie, draf hy; om die waarheid te sê, hy is ook ‘n lid van Team LifeCycle se hardloopspan, Team Life Runners.

Hy en Juandré sal wel van tyd tot tyd gesien word op ‘n bergfiets ook. Die bergfietsryery, het al twee vinnig verduidelik, is om te help met die fiksheid - iets waaraan daar nou drasties gewerk word in voorbereiding vir twee van die grootste wedrenne, naamlik die Cape Town Cycle Tour (Cape Argus) wat in Maart beslis sal word en die 94.7 Challenge later die jaar in November gehou sal word.

 
 
 

Viewed: 695

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT