ADVERTISEMENT:

 

 
 

Gholfklub sluit jaar af met motorskou

Date: 17 November 2017 By: Anton van Zyl

Die Soutpansberg Gholfklub se jaarafsluiting vind op 25 November plaas, maar vanjaar val dit saam met ‘n ope motorskou.

Inwoners van die streek is welkom om ‘n draai by die gholfklub te maak en te kyk na die ou en nuwe motors, asook ander uitstallings soos trekkers en enjins.

Volgens Rampie Gilfillan, klubkaptein van die gholfklub, gaan die meeste van die dorp se motorhandelaars hul voertuie by die klub uitstal. Daar sal ook veteraanmotors en ‘n statiese enjinuitstalling wees. Verskaffers van verwante produkte soos motorradios en viertrek-produkte sal ook stalletjies hê. Selfs ‘n voertuig wat in resieskampioenskappe gebruik is, sal vertoon word.

Die uitstalling begin om 08:00 en duur tot 17:00. Toegang is gratis. Die klub se prysuitdelingsfunksie vind die aand plaas, maar dit is slegs vir lede.

 
 
 

Viewed: 363

 

 
 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT