ADVERTISEMENT:

 

 
 

Louis Trichardt se Marno van Zyl was die eerste plaaslike ryer tuis in die 70 km-wedren in ‘n algehele 10de plek in ‘n tyd van 03:36:05. Hy was ook algeheel vierde in die senior mansafdeling.

Mooketsi-bergfietsuitdaag stel nie teleur nie

Date: 27 October 2017 By: Andries van Zyl

Die jaarlikse Mooketsi-bergfietsuitdaag het vanjaar weer nie teleurgestel nie en plaaslike fietsryers behoorlik laat sweet vir ‘n plek op die podium.

‘n Groot groep plaaslike bergfietsryers het Saterdag, 21 Oktober, die warm en bedompige Mooketsi weer gaan aandurf in onderskeidelik die uiters uitdagende 70 km-wedren en die 35 km- en 10km-wedrenne.

Die grootste groep plaaslike ryers het aan die 35 km-wedren deelgeneem en met ‘n paar podium plekke gespog. Die 35 km-wedren het 180 inskrywings gelok. Hoërskool Louis Trichardt se Richard Lambert het die wedren naelskraaps gewen in ‘n tyd van 01:30:53, ‘n breukdeel van ‘n sekonde voor Tzaneen se Sheldon Muller in die tweede plek en die jong Armand Cronjé (Tzaneen) in die derde plek in 01:32:31. Richard was ook algeheel eerste in die junior mansafdeling. Nog ‘n ryer van Hoërskool Louis Trichardt, Rohan Cronjé, was algeheel vyfde in  die wedren en algeheel tweede in die Youth-mansafdeling. Skoolmaat Rofhiwa Kutama  was sesde in die Youth-mansafdeling.

In die vroue-afdeling van die 35 km-rit was dit die jongspan wat die ouer ryers ore aangesit het. Anna Gutierrez (Youth meisies 15 tot 16 jaar) het die wedren in ‘n tyd van 01:43:06 ingepalm. Die tweede vrou tuis was Louis Trichardt se Margi Carstens in ‘n tyd van 01:51:12, met Hoërskool Louis Trichardt se Jennavieve Truter in die derde plek in ‘n tyd van 01:52:01. Margi was ook die eerste senior vrou tuis, terwyl Jennavieve die tweede Youth meisie was. Hoërskool Louis Trichardt spanmaat Karla “Vossie” van Zyl was die vierde Youth meisie tuis in 02:05:06.

Ander plaaslike deelnemers aan die 35 wedren het ingesluit Simoné Oberholzer van PHS, wat geëindig het as tweede sub-junior meisie (13 tot 14 jaar) in ‘n tyd van 02:01:40, saam met pa Jaco Oberholzer in dieselfde tyd as negende mansveteraan. Die jong Annika Kotze het ook uitstekend gevaarr en as derde sub-unior meisie in 02:06:51 klaargemaak. Wat die “ouer” garde betref, het Louis Trichardt se Jandré van Jaarsveld as algehele vyde senior man in ‘n tyd van 02:08:17 geëindig. Plaaslike ryer Andra Thompson was die tweede vrouemeester tuis, in ‘n tyd van 02:25:59.

Heelwat minder plaaslike ryers het kans gesien vir die 70 km-wedren. Hier was Louis Trichardt se Marno van Zyl die eerste plaaslike ryer tuis in ‘n algehele 10de plek, in ‘n tyd van 03:36:05. Hy was ook algeheel vierde in die senior mansafdeling.

Volgende oor die wenstreep was Louis Trichardt se eie dr. Casper Venter in ‘n tyd van 03:50:04. Dit het aan Venter ook ‘n algehele derde plek in die mansmeesters-afdeling besorg.

Rick Coetzee was die derde plaaslike ryer tuis in ‘n tyd van 04:01:01. Hy was ook algeheel derde in die sub-veterane mansafdeling.

Wat die plaaslike vroue betref, het slegs Hoërskool Louis Trichardt se Christelle Coetzer deelgeneem. Dit was haar eerste 70 km-wedren en sy het die afstand afgelê in ‘n tyd van 04:08:32, goed genoeg om aan haar ‘n eerste plek te besorg in die senior vroue-afdeling (19 tot 29 jaar). Gewoonlik kompeteer Coetzer in die 0/16 Youth-afdeling.

Laerskool Louis Trichardt se fietsryspan was ook daar om kragte te meet. Hulle het aan die 10 km-wedren deelgeneem. In die seuns 0 tot 8 jaar afdeling was Nicolas Archer vierde, met Peroux du Preez in die vyfde plek. Brendan Bruce het vir homself ‘n tweede plek losgery in die seuns 8 tot 10 jaar afdeling, terwyl Jacques de Preez vierde was in die 10 tot 12 jaar afdeling vir seuns. Die skool se Jessica Taylor was op haar beurt vyfde in die afdeling vir 10- tot 12-jarige meisies.

 
 
 

Viewed: 444

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

Louis Trichardt se dr. Casper Venter (regs) was algeheel derde in die mans meesters-afdeling van die 70 km-wedren. Saam met hom is afdelingwenner Fanus Eksteen (middel) en Richard Gutierrez (links) in die tweede plek.

Hoërskool Louis Trichardt se Christelle Coetzer (regs) het aan haar eerste 70 km-wedren deelgeneem en die senior vroue-afdeling gewen. Saam met haar staan Theresia Lessing, wat tweede in die afdeling was.

Hoërskool Louis Trichardt se Jennavieve Truter was derde in die 35 km-wedren en die tweede Youth meisie.

Die tweede vrou tuis van Louis Trichardt in die 35 km-wedren was Margi Carstens in ‘n tyd van 01:51:12. Sy was ook die eerste senior vrou.

Hoërskool Louis Trichardt se Richard Lambert (middel) het die 35 km-wedren naelskraaps gewen, ‘n breukdeel van ‘n sekonde voor Tzaneen se Sheldon Muller (links) in die tweede plek. Tzaneen se Armand Cronjé (regs) was derde.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT