ADVERTISEMENT:
Hoërskool Louis Trichardt se junior meisieskrieketspan.
Date: 29 September 2017 By: Isabel Venter
Laer- en Hoërskool Louis Trichardt het verlede week krieketgeskiedenis gemaak.
Vir die eerste keer ooit, spog die laerskool ook nou met 'n meisieskrieketspan van hul eie. Net so spog die hoërskool ook weer met hulle eie junior meisieskrieketspan.
Hierdie twee spanne het verlede week bymekaar gekom om mekaar se vernuf op die krieketblad te toets. Daarom is daar nie regtig te noukeurig na die punte gekyk nie...
Die doel van wedstryd was egter om beide spanne die kans te gun om meer blootstelling te kry in die sport.
Hoërskool Louis Trichardt kon vir die laaste vier jaar nie genoeg junior meisies bymekaarkry om ‘n span vol te maak nie. Dit was nie soseer weens ‘n gebrek aan belangstelling nie. “Ons meisies kry nie blootstelling aan krieket op ‘n laerskoolvlak nie, en dan skakel hulle nie maklik in by die krieket in die hoërskool nie,” het een van die dryfvere agter die laerskool se spannetjie, mev. Sanrie van Niekerk, gesê. Sy het die hoop uitgespreek dat beide skole se spanne van krag tot krag sal gaan en ouers aangemoedig om hulle kinders te kry om betrokke te raak by die onderskeie spanne.
Viewed: 1811
|
Tweet |
Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.
More photos...
ADVERTISEMENT
ADVERTISEMENT:
ADVERTISEMENT