ADVERTISEMENT:

 

 
 

Richard Lambert van Hoërskool Louis Trichardt het die Tour de Nyl  maklik voltooi en vir die tweede agtereenvolgende Spur-liga resies as wenner op die podium gestaan. 

Triegies vergroot voorsprong in Spur XCO-liga

Date: 17 August 2017 By: Isabel Venter

Hoërskool Louis Trichardt se fietsryspan het die afgelope naweek hulle posisie op die Spur XCO-bergfietsliga se punteleer verder versterk.

Die span het aan die tweede rondte van dié gewilde liga, die Tour de Nyl, deelgeneem. Net soos in die eerste rondte, spog Triegies met drie podiumplekke. Verder het die span altesaam 10 Top-10 posisies ingepalm.

Die punte wat hulle gemaak het beteken die skool lê nou eerste met ‘n totaal van 308, met Stanford Lake ver agter met 180 punte en Hoërskool Merensky steeds in die derde plek met 170 punte.

Die groot puntemakers van die naweek was Richard Lambert, Christelle Coetzer en Eliz-Mari Pretorius, wat geskitter het in hul onderskeie ouderdomskategorieë.

Richard het ‘n gemaklike wedren gehad en sy naaste teenstander in die junior-seunsafdeling met meer as twee minute geklop. Sy algehele tyd oor vier rondtes was 55:49.8. Carel Smit van Hoërskool Piet Potgieter was tweede in ‘n tyd van 58:26.4, met die gedugte ryer van Stanford Lake, Sheldon Muller, derde in ‘n tyd van 58:28.3. Turner de Swardt en Heine de Jager, beide van Triegies, het ook daarin geslaag om hulle tye te verbeter in hierdie kategorie. Hulle het onderskeidelik met ‘n vierde en sesde posisie weggestap.  Joleen de Swardt het algeheel vierde klaargemaak in die meisies-afdeling.

Pretorius het ook haar tyd in die kategorie vir sub-junior meisies verbeter en ‘n tweede plek op die podium ingepalm. Haar teenstander, Jani Jordaan van Kingfisher Private, het eerste klaargemaak in ‘n tyd van 35:45.6, gevolg deur Pretorius in 40:37.7 en Janke Joubert van Tzaneen Laerskool derde in ‘n tyd van 41:37.4.

Coetzer het hierdie keer so amper die bordjies verhang in die Youth-meisies afdeling. Alhoewel sy ‘n vinniger tyd aangeteken het, het sy die eerste plek met net twee sekondes gemis! Sy het haar teenstander, Ani Gutiérrez-Hernández van Stanford Lake College, verbygesteek in die tweede rondte, maar moes die aftog blaas in die finale en derde rondte toe Gutiérrez-Hernández haar weer verbygesteek het. Gutiérrez-Hernández het gewen in ‘n algehele tyd van 50:12.5, gevolg deur Coetzer tweede in 50:14.7 en Lara Dando derde in 51:28.1. Nog vier Triegies het goed vertoon in hierdie kategorie, nl. Jennavieve Truter (vierde), Karla “Vossie” van Zyl (sesde), Dominique Nel (agste) en Mékayle Gerber (negende). 

In die seuns Youth-afdeling het die skool ook goed vertoon. Roan le Roux, De Wet du Toit en Rohan Cronjé het onderskeidelik die vyfde, sewende en agste posisies ingeneem. 

Nog ‘n Triegie ryer wat in die Top 10 klaar gemaak het, was Eliz-Mari Pretorius wat ‘n vyfde plek ingepalm het in die kategorie vir sub-junior meisies.

Die jong Triegies by Laerskool Louis Trichardt se span beklee steeds die derde plek op die punteleer. Laerskool Pietersburg Oos behou hulle eerste plek met ‘n stewige 491 punte, gevolg deur Unicorn Preparatory tweede met 241 punte en Laerskool Louis Trichardt derde met 173 punte.

Brendan Bruce het derde klaargemaak in die Nippers-afdeling. In die meisiesafdeling behaal sy sussie, Cara, ‘n negende plek. In die sub-junior afdeling het Trevor de Beer en Dewald van Graan onderskeidelik ‘n vierde en negende plek behaal, terwyl Michelle Steyn negende was. Jessica Taylor en Mienke Veldman het in die Sprogs meisies-afdeling onderskeidelik ‘n vierde en vyfde plek behaal.

Die volgende rondte van die provinsiale Spur XCO-liga, die Tour de Lake, vind op 2 September plaas in Haenertsburg.

 

 
 
 

Viewed: 395

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

Brendan Bruce het weer die naweek Laerskool Louis Trichardt op die Spur XCO-bergfietsliga se podium verteenwoordig. Hy het derde klaargemaak in die Nippers-afdeling. Foto verskaf.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT