ADVERTISEMENT:

 

 
 

Lente Schute op haar perd, Chantarell, tydens die bekende Fauresmith uithourit. Foto verskaf.

Lente wys haar staal in die Vrystaat

Date: 28 July 2017 By: Andries van Zyl

Die 11-jarige Lente Schutte het vanaf 3 tot 5 Julie gewys wat in haar steek toe sy onder die top 10 ruiters geëindig het in die kinderafdeling van die wêreldbekende Fauresmith-uithourit oor 204 km in die Vrystaat.

Lente, ‘n leerling van Laerskool Louis Trichardt en inwoner van Levubu, was een van die 412 ruiters en hul perde wat op 3 Julie die eerste moordende been van die wedren oor 70 km aangepak het. Gedurende die uithourit is daar baie omstandighede wat beide perd en ruiter se uithouvermoë toets, insluitend stof, sand, die weer, beserings en ruwwe terrein wat soms oor berge strek.  Dit is voortdurend die ruiter se verantwoordelikheid om om te sien na die welstand van sy of haar perd.

Ná ‘n uitmergelende drie dae het Lente en haar perd, Chantarell, die 204 km in ‘n tyd van 12 ure en 36 minute voltooi . Dit was goed genoeg vir ‘n algehele negende plek in die kinderafdeling. Lente se prestasie is nog meer merkwaardig as daar in ag geneem word dat slegs 49% van die 412 ruiters wat weggespring het, die uithourit kon voltooi.

Lente is ook opgeneem in die Limpopo A-span en gaan in Oktober vanjaar deelneem aan die South African Equitation Association (SANESA) se kompetisie in Heidelberg.  Tydens hierdie rit sal sy dan meeding vir ‘n plek in die nasionale skolesplan en daarmee saam kom nasionale erekleure. 

 
 
 

Viewed: 300

 

 
 

Andries van Zyl

Andries joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in April 1993 as a darkroom assistant. Within a couple of months he moved over to the production side of the newspaper and eventually doubled as a reporter. In 1995 he left the newspaper group and travelled overseas for a couple of months. In 1996, Andries rejoined the Zoutpansberger as a reporter. In August 2002, he was appointed as News Editor of the Zoutpansberger, a position he holds until today.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT