ADVERTISEMENT:

 

 
 

Kobus Barkhuizen het Saterdag 'n vinnige vyftigtal aangeteken om Vikings se totaal na 192 te help neem. Foto: Gerda Piorek.

Vikings in verwoestende bui teen Strikers

Date: 28 July 2017 By: Anton van Zyl

Die Vikings het Saterdag min teenstand ondervind in hul wedstryd teen die Strikers en die wedstryd met 108 lopies gewen.

Strikers het eerste gaan kolf en dit was eenrigtingverkeer. Morné Olwage (13) het nege balle getrotseer voor hy uitgeboul is deur Paolo Piorek, maar daarna het Craig Viljoen en Kobus Barkhuizen die kolfblad oorgeneem. Craig het 110 lopies van net 64 balle aangeteken en Kobus se 50-tal het van 33 balle gekom. Die twee was steeds voor die penne na die 18de beurt, met die telling op 192.

Strikers se kolwers het van meet af aan gesukkel om die boulwerk aan te val en slegs Etienne Hendriks (29 van 23 balle) kon dubbelsyfers behaal.

Leon Furstenburg was in ’n verwoestende bui en het 4/27 in sy drie beurte geneem. Coenie Oosthuizen het 2/9 in twee beurte geneem. Strikers is in die 17de beurt uitgehaal met die telling op 84.

Eerskomende naweek word twee wedstryde in die Limpopo Melkery Liga bepaal. Saterdag speel Limpopo se span teen Strikers en Sondag het die Premjee-span hul eerste kragmeting wanneer hulle teen Vikings speel.

 
 
 

Viewed: 326

 

 
 

Anton van Zyl

Anton van Zyl has been with the Zoutpansberger and Limpopo Mirror since 1990. He graduated from the Rand Afrikaans University (now University of Johannesburg) and obtained a BA Communications degree. He is a founder member of the Association of Independent Publishers.

 
 

More photos... 

Craig Viljoen het 110 lopies van net 64 balle aangeteken. Foto: Gerda Piorek.

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT