ADVERTISEMENT:

 

 
 

Noordelikes laat Louis Trichardt van die vloer af eet

Date: 14 July 2017 By: Isabel Venter

Polokwane se rooi masjien, die Noordelikes-rugbyspan, het Saterdag behoorlik gemors met Louis Trichardt se eerste rugbyspan.

Die twee eerstespanne het die naweek teen mekaar te staan gekom in die laaste uitdunwedstryd van die provinsiale Boet Fick-liga op Louis Trichardt se tuisveld.

“Dit was ‘n totale slagting,” het ’n Louis Trichardt ondersteuner kopskuddend na die wedstryd gesê. Met die blaas van die eindfluitjie was die telling 73-22 in die guns van Noordelikes. Louis Trichardt se tweedespan het egter die dorp se eer gered deur hul opponente van Noordelikes 29-17 kaf te draf.

Afgesien van die eerstespan se vertoning die afgelope naweek, het Louis Trichardt se eerste- en tweedespan reeds deurgedring na die semi-finale rondte van die Boet Fick-liga, danksy hul oorwinnings teen Letaba voorverlede naweek. Die twee spanne sal op 22 Julie kragte meet teen die gedugte Platinium Rhinoes van Northam om ’n plek te probeer verseker in die finaal van die liga.

Louis Trichardt se spanne lê tans vierde op die Boet Fick-punteleer.

 
 
 

Viewed: 279

 

 
 

Isabel Venter

Isabel joined the Zoutpansberger and Limpopo Mirror in 2009 as a reporter. She holds a BA Degree in Communication Sciences from the University of South Africa. Her beat is mainly crime and court reporting.

 
 

More photos... 

ADVERTISEMENT

 
 

ADVERTISEMENT:

 
 

ADVERTISEMENT